"Met baie praat bly die sonde nie uit nie; wie sy woorde tel, is verstandig." S10:19
Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 8 "Sonder Woorde" sê dat as iets ons pla, dat ons dit nie met ons eggenoot moet bespreek nie en eerder vir ons kosbare Geliefde Here moet vra om met ons eggenoot te praat.
Ek moet erken ek wou altyd alles uitpraat wat my gepla het en glo my dit het dinge net erger gemaak. Ek dink as my eggenoot die woorde gehoor het: "kan ons asseblief praat" het hy al begin hardloop. Vandag kan ek getuig dat as ek stilbly en met enige situasie waaroor ek ongelukkig is, eerste na ons Geliefde Here toe gaan, voel ek in elk geval beter en Hy weet net wat om daarmee te maak.
En moet glad nie dink ek kry dit 100 persent reg nie, want ek doen nie, ons kosbare Geliefde Here is nog besig met my, maar ek kan wel sê elke keer wat ek nie stilbly nie, is ek so spyt daaroor.
Sjoe lees hierdie vers: "As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos." J1:26 So kosbare vrou kom ons vertrou ons Geliefde Here om ons te help om net eerder stil te bly.
Liefste Janine,
Stilbly is iets waarmee ek ook sukkel, veral hierdie week. Ek dra my hart op my mou, en as ek ongelukkig is oor iets, is dit onmiddellik sigbaar in my gesig en lyftaal. In ‘n lofprysing wat ek nou-nou gedeel het, het ek genoem dat hierdie week vir my uiters uitdagend is. Vanoggend toe ek my dogtertjie afgelaai het, het iets gebeur wat my só kwaad gemaak het dat ek buite myself was. Ek het gevoel ek móét vir die persoon ‘n boodskap stuur, maar ek is so dankbaar dat God my laat stilbly het.
Oppad werk toe het ek my woede voor die Here uitgestort, en teen die tyd wat ek by die werk aangekom het, het ek rustiger gevoel maar ek was steeds ongelukkig oor die situasie. Maar ek prys die Here dat ek stilgebly het! Daarna het ek steeds uitdagings gehad, veral met my lyftaal, en die persoon het dadelik besef dat iets nie reg is nie. Maar ten minste het ek darem my woorde ingehou – en vir my is dit ‘n oorwinning!
Is dit nie wonderlik hoe die Here ons help om stil te bly nie kosbare Mila. Ek het so week gelede op die hiway gery toe ‘n jong man vir my die lelikste teken gewys het, ek was so ongelukkig of laat ek dit sommer erken ek was sommer kwaad en ek het vir ‘n ruk so aangery en toe die volgende oomblik toe speel ‘n liedjie van draai die ander wang, ek het sommer saam my Geliefde Here begin lag, want ek het geweet dis van Hom af en dit was nie pertoeval dat die liedjie speel nie.