“Ek Wil Hê Wat Jy Het”

Terwyl ek God gesoek het vir wysheid om te weet watter Redding Storie ek vandag moet begin skryf, (aangesien ek ‘n hele lys van meer as ‘n dosyn net van my familie gemaak het), wat uitgestaan het toe ek oor die vorige twee gekyk het, was hoe om as 'n Katoliek grootgemaak te word en die unieke gesukkel en uitdagings wat dit dikwels inhou om Hom persoonlik te ken.

Deur die jare  het ek begin verstaan dat nie een van ons nodig het om ons "geloof" of ‘n spesifieke kerk of denominasie te verlaat nie. Vandat ek geroep is om self kerkbywoning te stop, sodat ek die Here se bruid kon word, het ek opgehou om te fokus op watter kerk iemand anders bywoon. Want ek het gesien dat daar baie ware gelowiges is wat ‘n Katolieke kerk bywoon, net soos wat daar baie binne Christelike kerke is wat die Here glad nie persoonlik ken nie.

Lank gelede het ek die gebruiklike manier laat vaar wat die kerk denominasie of elke verskillende leerstelling en verskille beklemtoon—omdat AL wat saak maak is dat elke persoon die Here persoonlik ken! Sodra die verhouding verseker is, het ek gesien dat Hy dan vir elke persoon Sy plan vir hulle lewens saam met Hom sal wys!

Die Redding Storie wat ek opgewonde is om hierdie week te deel, gaan oor een van my ouer susters. Ek is nie seker hoe getrou Kamilah was oor haar Katolieke opvoeding en om misdiens by te woon nie, maar ek weet toe ons moeder gesterf het, het sy haar vertroosting gevind het deur baie godsdienstige rituele uit te voer.

Gelukkig, as gevolg van iets wat met my gebeur het toe ons moeder oorlede is, was ek nie in staat om my moeder se gedenkdiens by te woon wat sy vir ons familie gereël het nie. Ek is nie seker of hierdie rituele baie vertroosting of genesing vir my suster of haar gesin kon bewerkstellig nie, maar as ek moet raai, sou ek sê dit was meer soos ‘n pleister wat die seerkry toegemaak het, maar dit nie genees het nie. Die rede hoekom ek dit glo, is hoe kwaad en gemeen my suster geword het nadat my ma oorlede is terwyl sy na ons ouer, vertraagde suster omgesien het.

Pyn wat bedek word, lei dikwels tot woede. En om ons moeder te verloor was nie die enigste pyn wat Kamilah bedek het nie. Toe sy ‘n tiener was, het sy ‘n baba vir aanneming opgegee. So dit was net n kwessie van tyd voor my suster verligting van haar pyn en vrede in haar hart begin soek het, wat, sy gesien het, ek in oorvloed gehad het.    

Elke week het ek julle herinner aan wat in 2 Korintiërs 3:2 Afr 83 gesê word: “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.”  “Julle is tog self ons brief, geskryf op ons harte, bekend aan en gelees deur alle mense." * Wat beteken, deur te getuig is om 'n aanbevelingsbrief of oop boek te wees om deur almal gelees te word wie na ons lewens kyk.

Dit is hoe my suster na my toe gekom het, wel meer akkuraat, sy het geskakel om met my daaroor te praat. Die gesprek was ‘n bietjie moeilik om regtig te verstaan wat sy gevra het, maar ek het gou verstaan dat, op ‘n manier, is dit net soos wat die Bybel ons wys—wanneer mense eintlik na jou toe kom!

Dit was nie dat Kamilah gevra het, “Wat moet ek doen om gered te word?” nie. In plaas daarvan het sy begin vertel dat sy aanskou het hoe geseënd my lewe altyd was en sy wou weet HOEKOM? En toe ek haar regstel en haar herinner het dat ek deur BAIE meer regte moeilike en sommige gruwelike dinge gegaan het, het sy gesê, “Ja, ek weet! Maar op die ou einde kom jy altyd geseënd uit alles. So ek wil hê wat jy het en wil weet 'Hoe kry ek dit? Hoe kan ek jou lewe hê!'”

So, om te begin, het ek eers verduidelik dit was nie “Wat” ek gehad het nie, maar “Wie” ek gehad het, toe het ek begin om My Redding Storie te deel. En dit is toe dat sy my verseker het dat sy nooit daardie verduideliking gehoor het toe sy haar eerste nagmaal gebruik het nie en dat niemand enige van hierdie belangrike dinge voorheen aan haar verduidelik het nie. Toe sê Kamilah, “Wel, ek wil dit hê. Ek bedoel ek wil Hom hê, en die Here hê soos wat jy het. So hoe doen ek dit?”

As ek op hierdie punt staat gemaak het op die verskeie kere wat ek opgelei was om “Mense na die Here toe te lei,” kon ek haar gekry het om woorde agter my aan te sê. Of, ek kon die  “Die * Romeinse Pad na Verlossing” vir haar gelees of aangehaal het. Tog, toe ek die voorreg gehad het om as ‘n altaar werker te werk, wat beteken dat ek voor in ons mega-kerk was en vrouens gegroet het wie afgekom het wanneer daar ‘n ** altaar roep was (dan sou ons saam uitstap en na ‘n klein kamertjie toe gaan om verder te praat oor dit waarvoor hulle vorentoe gekom het om te ontvang), wat my gehelp het om te leer net hoe eenvoudig dit kon wees. En nie in die minste intimiderend nie.

Gedurende die jare wat ek in ons mega-kerk saam met hierdie bediening gewerk het, het ek gevind dat ek amper altyd laaste was om die altaar kamer te verlaat. Die rede was, ek wou elke vrou tyd gee om self met Hom te praat. Ek sou begin deur te verduidelik dat “gebed” net was om met Hom te praat. Dat dit baie beter was om net met Hom te praat eerder as om ‘n formele gebed te herhaal. So amper altyd, was daar lang periodes van stilte terwyl ek gewag het en aangehou het om die vrouens aan te moedig om eenvoudig net uit hulle harte met Hom te praat.

Daarby het ek altyd verduidelik dat soos enige intieme verhouding, hulle moes alleen kom en tyd saam spandeer. Tyd te spandeer om met Hom te praat en dat Hy daar saam hulle 24/7 was. Dan het ek die diep versekering verduideilik wanneer die vrede hulle sou omhul, en die belangrikste, dat van daardie dag af vorentoe, hulle anders sou lyk en voel: Nie net vir hulself nie, maar ander sal agterkom hoeveel hulle verander het. 

Dit is hoekom ek gevoel het dat ek dinge anders moes doen as wat ek glo baie of meeste doen wat “mense na die Here toe lei” wanneer mans en vrouens afkom gedurende ‘n **altaar roep. Ek wou seker maak dat elke persoon nie net ‘n gebed herhaal nie en dan glo dat hulle oppad hemel toe is nie. Want tensy daar ‘n tyd in jou lewe was toe jy so radikaal verander het, dat jy basies ‘n nuwe persoon geword het, het jy Hom meer as waarskynlik nooit ontmoet of Hom persoonlik geken het nie. In hierdie vers beteken dit dat selfs groot godsdienstige leiers tekort sal skiet.  

“Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’ Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”’

Sodra jy die Minnaar van jou siel ontmoet en ‘n regte verhouding met Hom begin,  kan jy nie anders as om te verander nie; daarom, sal jy nie meer Sy “wet ootree” nie omdat Hy jou verander. Dit is ook beter dat jy nooit “probeer” om te verander nie. Verandering kom vanself, sonder moeite, sodra jy saam die Here begin uithang nadat jy Hom persoonlik ontmoet het. 🙂

So kom ons keer terug na my suster. Ek het dit alles basies met Kamilah gedeel. Ek het haar nie gevra om te bid of met die Here oor die telefoon te praat nie, in plaas daarvan, het ek vir haar gesê om na ‘n stil plek toe te gaan nadat ons klaar gepraat het, en later het sy my geskakel om te sê sy het.🙂 Jy het dalk gelees oor dieselfde soort aanmoediging wat ek aan Vana gegee het in "Die Hartgebroke Erfgenaam."

Tog was dit die voortdurende veranderinge in my suster wat bewys het dat sy Hom inderdaad persoonlik leer ken het. Ek kan nie vir jou sê of sy nog steeds die Katolieke kerk bywoon nie, want dit maak nie vir my saak nie. Hy gee nie om in watter kerkbank jy sit nie, solank jy saam met Hom sit, gereeld. En jy kan nie anders as om stil by Hom te wil sit nie, want die gevoel wat jy ervaar kan net nie beskryf word nie!!

Selfs nou is my familie in verwondering oor die verandering en genesing wat plaasgevind het in my suster se lewe!! Een waarin ek baie geskok en verheug oor was, was ‘n foto wat ek gesien het van my suster wat die grimering van ‘n bruid doen. Die jong bruid was die dogter van die ander vrou, wat groot geword en getrou het! As jy my suster Kamilah geken het, sal jy weet dit is amper soveel van ‘n wonderwerk as om haar op water te sien loop. 🙂

So weereens, mense hou jou en jou lewe dop. Hulle sal sien hoe jy leef, hoe jy optree en veral hoe jy reageer wanneer die hel teen jou kom. Tog die enigste manier wat jou familie en die wêreld om jou dit sal sien, en ‘n manier vir jou om die volume in die oudioboek van jou lewe op te draai, is om baie tyd saam Hom te spandeer. Op daardie manier, wanneer die beproewinge en verdrukking en storms jou lewe tref,  sal jy nie net deur dit kom sonder om soos rook te ruik nie, maar jy sal helderder skyn vir jou wêreld om te sien.

* Die Romeinse Pad na Verlossing is verse uit die boek van Romeine wat die hoekom en hoe van verlossing verduidelik.

** ‘n Altaar Roep gebeur normaalweg aan die einde van ‘n kerkdiens wanneer die priester verduidelik dat dit belangrik is om gered te word en Sy geskenk van die Ewige Lewe aanvaar.

Epiloog

Kamilah se oudste dogter is 'n Christen vir baie jare, Joy het egter met 'n nie-gelowige getrou wat nou 'n afgetrede Navy Seal is (wat ek as voorbeeld gebruik het in 'n Beveilig jou sukses Les van 'n Hemelse Man). Vir jare was ek self rondom James en het nooit toegegee om vir hom te sê dat dit net 'n kwessie van tyd is voordat hy 'n gelowige sou word nie. Hy het gelag en my weg gewaai en gedink ek sal vir hom preek, maar ek het nooit. Ek het net geweet GOD wou hê dat James nog meer gered word as wat ek gedoen het of meer as Joy. Eendag het ek heeltemal seker geword toe God dit vir my georkestreer het om 'n groep mede-Navy Seals te ontmoet.

Ek en Tara het na ons megakerk se I Love America-viering gegaan (die megakerk waar haar nuwe man, Gentry ook bygewoon het, maar net 4 maande voor hulle getrou het, ontmoet het) en ons het gehoor dat daar Navy Seals is wat gedurende die geleentheid sal valskermspring en hul getuienisse gaan deel op die groot jumbotron. Nadat ons gekyk en geluister het, het ons net rondgeloop en die afgesperde tent opgemerk waar hulle bymekaargekom het. Met vrymoedigheid het ek uitgeroep, "My nefie is 'n Navy Seal" en toe sy naam uitgeroep. Dadelik het sy naam almal se aandag getrek en verskeie het teruggeskree om in te kom, so die sekuriteit het ons ingelaat en ons het tyd spandeer om oor James en sy familie te praat en natuurlik dat God hom eendag sou red.

Ek is nie seker wanneer dit werklik gebeur het nie, maar toe ek hoor dat hy so radikaal gered is, so aan die brand was vir God en dat hy so 'n ongelooflike dapper getuie was om sy geloof met almal te deel, was op 'n baie donker en pynlike oomblik. Dit was toe Matt, RS5 Heroïen Verslaafde geroep is om huis toe te kom om by Sy Here en Verlosser te wees nadat hy vermoor is. Dit is ongelooflik dat God nie net getrou is om diegene te red saam met wie ons Hom vertrou nie – maar dat Hy sal openbaar wat Hy gedoen het op die presiese oomblik wanneer ons nodig het dat Sy lig in ons duisternis skyn.

 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui