“My Redding Storie”
Vandag begin ons ‘n nuwe en opwindende toevoegsel tot ons nuusbrief. Op die eerste Sondag van die maand, sal ons ‘n Redding Storie hê, waar ons oor onsself en ons geliefdes deel, ons begin met my en dan ongelooflike en wonderlike redding stories van my eie familie: broers en susters, niggies, nefies en my eie ouers. Om ons aan die gang te kry, het die Here my gelei om met my eie storie te begin wat ek hoop jou nie net sal inspireer nie, maar jou sal motiveer om jou eie Redding Stories te deel
My Redding Storie
deur Erin Thiele
Soos baie van julle weet, was ek net 7 jaar oud toe ek gered is. Dit het gebeur terwyl ek ‘n Katolieke Skool bygewoon het en dit was die non wat ons vir ons Eerste Heilige Nagmaal gereed gemaak het, wie as ‘n Baptis grootgemaak is, wat my na Hom toe gelei het.
Dit het gebeur gedurende die voorbereiding toe ons ‘n “oefen lopie” vir ons Eerste Belydenis gedoen het (wanneer ons laat sou wees om in die belydenisskrif in te gaan om vir die priester van ons sonde te vertel). Dit was toe ons non verduidelik het, dat alhoewel daar ‘n priester daar is, dat ons ons moet verbeel dat ons met God Homself praat, en aan Hom belydenis doen. Toe het sy ons tyd gegee om dit te doen terwyl ons stilweg in die donker kerk gekniel het. Dit was daar in die kerkbankie wat dinge verander het. Onmiddellik na ek by God in my hart bely het, het ek my kop opgelig en het snaaks maar wonderlik anders gevoel, my oë het getraan, maar ek het nie verstaan hoekom nie
Volgende het ons non “ontoegewyde” gashere aangegee, wat later (gedurende ons regte nagmaal) deur die priester geseën sou word, en soos vir ons gesê is, in werklikheid sou verander in die liggaam van Christus. Met die ongewyde gasheer in ons hande, was ons aangemoedig om die Here Jesus te vra om in ons harte in te kom. Om Hom te vra om in te kom en daar te woon, ons lewens aan Hom te gee. Nadat ek weer my kop gebuig het, het ek dit gedoen en op daardie oomblik het ek onmiddellik en radikaal verander.
Die verandering in my was so diepgaande dat my ouers geglo het dat dit die Katolieke skool was en vir ander dieselfde verduideliking gegee het as hulle gevra het: “Wat het in Erin gevaar? Sy is nie daardie weerbarstige meisie wie jou soveel moeilikhied gegee het nie.”
Destyds was daar ‘n grap wat rondgegaan het wat jou mag help om beter te verstaan. En dit het so gegaan: Daar was 'n aaklige seuntjie wat sy ouers oneindig bekommer het. Hulle het al alles probeer toe iemand aanbeveel het dat hulle hom na ‘n Katolieke skool toe stuur. Alhoewel hulle nie Katoliek was nie, het hulle geweet dat hulle alles ‘n probeerslag moes gee. Na die eerste dag van skool het die seuntjie heeltemal verander. Toe die ouers vra wat gebeur het, hulle het gewonder of hy geslaan of gestraf of vermaan was, en kon nie begryp wat die drastiese verandering kon gemaak het nie, het die seuntjie gesê, “Toe ek by my klaskamer instap en opkyk, en die man sien wat aan die kruis hang, het ek geweet hulle is ernstig!” (Verwysend, natuurlik, na die kruisbeeld, of kruis waaraan Jesus hang).
My ouers het dieselfde ding geglo. Dat dit op een of ander manier die die streng skoolopleiding en nonne was wat my verander het. Op ‘n manier was hulle reg, dit was ‘n non wat my aan vergifnis voorgestel het en om die Here in my lewe te aanvaar. En soos wat ek gesê het, van daardie dag af was ek nooit dieselfde nie. Daardie jaar het Jesus my beste vriend geword as gevolg van die manier wat God my lewe orkestreer het. Soos baie ander mense in die Bybel, was my lewe van net omtrent almal geskei. My broers was baie ouer, en omdat ek ‘n rabbedoe was, wou my susters niks met my te doen gehad het nie.
Sover as wat dit skoolvriende aanbetref, ons familie het in ‘n vallei gewoon, maar ons het skool in Hollywood bygewoon. So, omdat dit meer as ‘n uur geneem het om op die publieke bus by die huis te kom, kon ek nooit lank genoeg na skool bly om met die ander kinders interaksie te hê nie. Boonop, was daar bietjie of geen interaksie gedurende ‘n skooldag nie. Dit was net die ander dag dat ek dit aan een van my dogters verduidelik het, verduidelik het hoe streng ons skool was. Daar was ‘n 10 minute, toe 15 en later 30 minute van vryspel, soos pouses, elke dag. En selfs terwyl ons middagte gehad het, het ons by ons skoolbanke gesit en was verbied om te praat.
Baie van my alleenheid het te doen gehad met die feit dat ek ‘n rabbedoe was, soos wat ek vroeër genoem het. Dit het beteken dat ek nooit hegte vriendinne gehad het nie. Boonop, om op die telefoon met klasmaats te praat was nie moontlik nie, omdat dit lang afstand was en baie duur. Die buurt se kinders was baie jonger en gedurende enige ander aktiwiteite, soos die ballet wat ek geneem het, en later swem, het dit my ook tussen ander meisies gehou, maar nooit hegte vriendinne met enigiemand omdat dit in ander stede was van waar ons gebly het. SO, dit het beteken dat gedurende die grootste gedeelte van my kinderjare, ek net EEN getroue, intieme vriend gehad het, Jesus.
Die ander ding wat ek nooit gehad het nie, was ‘n Bybel. Gedurende hierdie periode in die Katolieke kerk, was dit afgekeur om ‘n Bybel te hê, selfs ‘n Katolieke bybel. Daar was vir ons gesê dat net ‘n priester die diep geheimnisse kon verstaan aangesien hulle ‘n doktoraat in teologie gehad het. So dit was nie totdat my man weg is en sy Bybel agter gelaat het, dat ek regtig die Bybel oopgemaak het en einde ten laaste gelees het nie. Natuurlik, gedurende my krisis, soos baie van julle, het ek elke woord verslind en deur dit te doen, was die HJH en WV uit loutere geheue geskryf. Ek het self nie iets so wonderlik soos my.bible.com gehad soos wat ons nou het nie.
Dit was pas nadat ek getroud is, wat ek opgehou het om na die Katolieke kerk en die misdiens te gaan. En as ek reg kan onthou, dink ek ons het beurte gemaak om die Katolieke kerk en ‘n plaaslike Christelike kerk by te woon. Toe het dit net een keer per maand vir die Katolieke kerk geword totdat, ek raai, ek dit afgeleer het. Eerlikwaar, ek was vreesbevange, omdat daar vir my gesê was dat om nie by te woon nie, 'n doodsonde was. Tog, as gevolg van my persoonlike verhouding met die Here, kon ek aanvoel dat ek niks aaklig gedoen het nie, anders Hy sou sekerlik nie so na aan my gebly het nie.
Selfs al glo ek dat ek ‘n Bybel na die Christelike kerk toe gedra het, aangesien almal dit gedoen het, vir die grootste deel het ek net oorgeleun en saam met die predikant uit my man se bybel gelees—meestal omdat ek nie in staat was om ‘n vers te vind nie. Ek het nie geweet dat daar “baie” boeke in die Bybel was nie, so ek was altyd verbourerend verlore en stadig. Ek was nietemin een Sondag gefassineer toe die Christelike priester ons Matteus 6:9 laat lees het, wat die beginwoorde was van wat Katolieke “Die Onse Vader” noem. Dit was nie daardie vers nie, maar die voorafgaande vers, die deeltje net bo aan, wat my aandag getrek het en my geloof geruk het:
Matteus 6:7-9 Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene 'n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. “So moet julle bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;
Ons Vader in die hemel,
Laat u Naam geheilig word
Hierdie openbaring het my hard getref. My hele lewe lank het ek groot geword deur die “Die Onse Vader” te herhaal vir boetedoening nadat ek na konfessie toe gegaan het en terwyl ek die rosekrans gesê het. So ek kon nie verstaan hoe die kerk die deel gemis het wat net voor dit gekom het nie. Toe Jesus gesê het om NIE ‘n gebed oor en oor te HERHAAL nie. Dit is iets waaroor ek ‘n lang tyd nagedink het en vir die Here oor en oor gevra het. Tog, het ek nooit ‘n ware epifanie gekry nie, nie tot jare later nie, maar ek kon aanvoel dat my Katlieke geloof by sy fondasie gekraak het as gevolg van hierdie inkonsekwentheid.
Die volle ineenstorting van my wat myself nie meer as ‘n Katoliek beskou het nie, het gebeur toe ek iets anders gelees het. Terwyl ek verskillende dele van die Bybel gelees het, het ek agtergekom hoe engele dikwels begin met “Moet nie bang wees nie.” Soos toe die engel vir Maria gesê het dat sy deur die Heilige Gees met Jesus sou swanger word.
So waarom het dit my bekommer?
Die rede is omdat ‘n hegte vriend van my ‘n priester was, en gedurende een van ons teologiese besprekings het hy my vir my gesê dat hy dikwels mense in sy gemeente gehad het wat na hom toe gekom het en gesê het dat hulle ‘n engel gesien het. Hy was in die kweekskool geleer dat die eerste ding om te doen was om te vra, “Hoe voel jy?’ En wanneer hulle sê, “Bevrees” of “Bang,” dan het hy hulle verseker dat hulle glad nie ‘n engel gesien het nie. Dat dit heeltemal iets anders moes wees, want AS hulle regtig ‘n engel gesien het, sou hulle niks anders as vrede gevoel het nie. Tog, as die sien van engele vrede gebring het, hoekom sal die mees algemene groet deur engele dan begin met “Moet nie bang wees nie”?
Dit was met hierdie twee dwalings en inkonsekwenthede, saam met die wete dat ek nog steeds reg was met God, alhoewel ek die misdiens oor en oor begin misloop het (veral later toe ek heeltemal opgehou gaan het), het Jesus my tog nie versaak nie. Nietemin, aangesien ek nie een keer opstandig was vanaf die oomblik wat ek op die ouderdom van 7 gered is nie, wat die rede was hoekom my ouers geweet het dat iets radikaal met my gebeur het, het ek nog steeds teen die gevoel van skuldgevoelens baklei. Dit was eers baie jare later, nie todat ek geestelik volwasse en verder in my geloof was nie, toe ek verstaan het dat skuld en veroordelings glad nie van God af kom nie, maar was eerder van die vyand om ons van die liefde van God te skei.
Gelukkig was dit my reis saam met die Here, wat op ‘n baie jong ouderdom begin het, wat my gelei het om met iemand te trou wat nie Katoliek was nie, wie my later gelos het, wat gebruik was en ten goede meegewerk het!! Dit was ek Wie Hy geroep het om die pionier van my familie te word.
Toe ek ten volle verstaan het dat nie een van my broers of susters dieselfde redding as ek ervaar het toe hulle hulle eerste nagmaal gehad het nie (die non wat my aan die Here voorgestel het was net vir 2 jaar by ons skool), en, heel waarskynlik het my eie ouers Hom nie persoonlik geken soos wat ek het nie. Dit het van my afgehang om iets te doen.
Tog, eerder as om met my broers en suster te debatteer (aangesien ons tot vrede geroep is), of om my ouers te konfrontreer (wat eiesinnigheid sou wees) met vrae soos: “Weet jy waarheen jy gaan wanneer jy doodgaan?” soos ons aangesê word om te doen terwyl ons vir die “ongereddes” getuig. In plaas daarvan, het ek na die Here toe gekeer, en begin om op my familie se reddingsreis te reis, wat soos gewoonlik, met ‘n krisis begin. My ouer en gunsteling broer was besig om aan leukemia te sterf.
Dit is die volgende Redding Storie wat ek opgewonde is om met jou te deel.
Maar, terwyl jy wag, praat met die Here en vra Hom of jy gereed is om jou eie Redding Storie te deel. As jy nie seker is dat jy Hom op hierdie manier ken nie, of as jy aan godsdiens vasklou, nog steeds bang om te laat gaan om sodoende ‘n verhouding met die Here te verkry soos wat ek het toe ek net sewe was, dan vertel Hom daarvan. Ek is seker dat as ek Hom nie persoonlik geken het nie, ek nooit gewillig sou wees om my kerk te laat gaan nie, wat die verskil sou beteken oor waar my familie die ewigheid sou deurbring.
In die opkomende weke het ek meer as ‘n dosyn Redding Stories van my eie familie wat ek opgewonde is om te deel om jou te help om te sien hoe ONTSAGWEKKEND die Here werk wanneer ons Hom en Sy woord eenvoudig vertrou.
Handelinge 16:31 NLV—
“Hulle het hom geantwoord: 'Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.'”
Dit is niks wat ONS doen nie, maar wat Hy gedoen het!!
Eksodus 14:13—
“Moenie bang wees nie. Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red…”
2 Kronieke 20:17
Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle. Moenie vrees nie, ...moenie bang wees nie.... Die Here sal by julle wees.”
En in plaas daarvan om te “getuig,” of om ander te konfrontreer oor “waarheen hulle gaan wanneer hulle sterf,” wil ons eerder hê dat hulle Hom ervaar deur Hom te ken, sodat hulle elke dag saam met Hom kan leef!! En dit is wat ander in ons lewens moet aanskou.
* Getuienis is om ‘n aanbevelingsbrief of oop boek te wees wat deur almal wie na ons lewe kyk, gelees word.
2 Korintiërs 3:2, “Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan.
2 Korintiërs 3:2 “Julle is tog self ons brief, geskryf op ons harte, bekend aan en gelees deur alle mense.
* Wees asseblief seker om die tyd te neem om op elkeen van die Bybelvers skakels te KLIK (hier bo) om dieselfde vers in ander weergawes te lees, wat jou ervaring sal verhoog!!