"‘n Tandlose Grinnik”
1 Korintiërs 1:27 Afr 83
“En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam.”
Verlede week het ek gedeel hoe ek aangevoel het dat ek na die Pro-Lewe kliniek toe moes gaan waar ek gedurende ‘n vakansie as ‘n vrywilliger gedien het, net om ‘n jong vrou te ontmoet wie vir ewig in my geheue en my hart sal wees.
Hierdie week, soos belowe, sal ek daarvan hou om ‘n insident te deel wat my in baie moeilikheid gekry het, en tog, almal het geweet dat Hy iemand nie net onsinnig nie, maar swak gekies het om ‘n hawelose swart man te help om ‘n lewe in Hom te vind!
Baie van julle het in die Hernu, “Geestelike Leier Les,” gelees dat terwyl ek in Pensacola, Florida gewoon het, waar my huwelik herstel was, was daar ‘n wêreldwye herlewing aan die gang net 3 kilometer van ons huis af. Die feit dat ons dit nie net bygewoon het nie, maar later lidmate geword het, het my so nederig gehou in Sy genade dat ek eerstehands wou uitvind wat Hy besig was om te doen wat oral oor die nuus was.
Daar was elke aand ‘n herlewingsdiens, maar met sewe kinders het ons nie altyd bygewoon nie. Maar daardie aand het iets gebeur wat heeltemal ongewoon was. Ek het hierdie diep, diep drang gehad om te gaan, terwyl niemand anders lus was om te gaan nie. Ook ongewoon, toe ek gevra het wat hy dink, het my man gesê ek moet net gaan, en hy het niks verder gesê oor versigtig wees of instruksies oor parkering, ens. nie. Die kerk was in ‘n baie gevaarlike deel van die dorp, en omdat mense vroeg elke oggend begin toustaan het, het om laat te kom beteken dat parkering oral naby aan die kerk onmoontlik sou wees.
Die feit is dat dit alreeds donker was toe ek weg is, en toe, net blokke verder, het ek my in die vooruitsig gestel om by die Whataburger te stop wat op my pad was. Wat mal was, is dat ek alreeds aandete geëet het en, soos wat ek gesê het, ek was alreeds laat. Nietemin, het ek geweet dit was die Here, dit moes wees. So toe parkeer ek ons bussie, loop in, bestel iets en gaan sit.
Net ‘n minuut of twee later, het ek ‘n man hoor praat met die mense naaste aan die deur wat besig was om te eet. Hy het ‘n groot swart sak vasgehou en gevra of enigiemand pekanneute wou koop. Hulle het gou hulle koppe nee geskud, so toe beweeg hy tussen die tafels deur—elke groep het verskrik gelyk. Elkeen het iets gemompel om hom te kry om te loop en toe hy oorkant my was, kon ek die sterk reuk van alkohol en urine ruik.
Nadat hy met verskeie tafels (maar nie myne) gepraat het, het hy na die toonbank toe gegaan ek vir drie stomgeslane tieners gevra of hulle pekanneute wil koop, hy het gesê: “ek wil net genoeg hê om kos te koop,” toe kom die bestuurder van agter ingebars en het hom gevra om te loop. Maar ek was alreeds op my voete.
Ek het agter die man opgekom, en vir die bestuurder gesê om te wag en toe na die man toe gedraai: "Ek het nie pekanneute nodig nie omdat ons ‘n boom in ons agtererf het, maar ek sal daarvan hou om vir jou ‘n maaltyd te koop.” Toe sê ek vir die ou by die register om vir hom te gee wat hy wou gehad het. Die man het sy kop geskud en gesê nee, waarop ek geantwoord het: “Laat my asseblief vir jou iets koop. My man is baie ryk en hy sal daarvan hou as ek vir jou iets koop,” so toe knik hy sy kop en sê dankie en kyk op om sy bestelling te plaas, die bestuurder het toe onderbreek en met ‘n kwaai, gefrustreerde toon gesê: “Hey, jy hoef dit nie te doen nie." Maar ek het net geglimlag: “O, ja ek moet” en het my debietkaart aan die kassier oorhandig, betaal, en geloop terwyl die man by die toonbank gestaan en gewag het vir sy skinkbord met kos.
In plaas daarvan om uit te loop, het ek aangevoel dat ek nodig het om net terug te gaan na my sitplek toe. Ek dink ek het gedink dat dit vir my nodig sou wees om seker te maak dat hy sy kos kry of om daar te wees as die bestuurder hom sou vra om te loop. ‘n Paar minute later, het die man langs my tafel gestaan, met sy skinkbord in sy hande, en gevra of hy kon sit. Dosyne oë was op ons gerig, tog het niemand gepraat nie. So toe wys ek die sitplek oorkant aan en sê: “Sit asseblief.” Duidelik verhonger, het hy sy maaltyd in net ‘n paar happies geëet, toe gestop, met sy oë nog steeds af en gesê: “Waarom het jy dit gedoen? Waarom het jy vir my hierdie kos gekoop?”
Dis toe wat die Here deur my begin praat het, “Ek is hier omdat God my gestuur het. Ek was oppad na ‘n herlewingsdiens, maar Hy het vir my gesê om hierheen te kom alhoewel ek nie honger is nie, ek het net vroeër aandete geëet. Maar toe ek hoor dat jy probeer om geld vir kos te verdien, het ek geweet WAAROM Hy my laat kom het. God wou gehad het ek moet jou help om iets te kry om te eet omdat Hy wil hê jy moet weet hoe baie lief Hy vir jou is."
Hy het sy oë opgelig en met ‘n sug gesê: “Reg, ek sal saam met jou na die herlewingsdiens gaan” en toe het ek hom verseker: “Dit is nie waarom ek vir jou ‘n maaltyd gekoop het nie. Daar was geen bybedoelings nie.” Maar hierdie keer het hy geantwoord, “Wel, ek wil gaan...as jy my sal neem.” So ek het. Ons is weg terwyl ek gekyk het hoe die klante en kitskospersoneel na ons staar terwyl ons by die parkeerterrein uitry.
Dis toe wat ek gevoel het iemand neem my elmboog en vergesel my teen die trappe op. Die hoof deurwagter het begin om op my te skreeu: “Wat dink jy is jy besig om te doen Erin?!??! Weet jy in watter gevaar was jy? Hoe kon jy jouself in gevaar stel deur daardie man te vra om in jou motor te klim?!?!?” (Hy het my gesien inry.) Ek het verduidelik dat ek geweet het dat ek nie in gevaar was nie, dat die Here my gestuur het, en dat ek hom eintlik nie gevra het nie, hy het my gevra om hom te neem, so wat moes ek sê. Nietemin het hy my gemaak belowe dat ek dit nooit weer sal doen nie. Toe kry hy vir my ‘n sitplek op die balkon, so ek was in staat om te sien hoe my vriend na die altaar toe hardloop en sy lewe aan die Here gee.
Dit was maande later wat ek gedink het ek sien hom, maar ek was nie absoluut seker nie. Hy het so anders gelyk, maar ek het die vermiste-tand glimlag erken wat hy vertoon het nadat hy die Here by die preekstoel ontmoet het, ‘n glimlag wat dit alles gesê het.
Skoongemaak, nugter en in by sy volle verstand. Ek het later gehoor voor sy maaltyd by Whataburger, wat gelei het na my wat hom na die herlewing geneem het, was hy bekend in die buurt as “geestelik kranksinnig en gevaarlik.” My nuwe vriend het ‘n vrywilliger geword wat gehelp het om verkeer te lei, gehelp het om stoele reg te skuif of weg te pak, enigiets en alles wat hy kon doen om naby aan die kerk en God te bly.
Ek het ook gehoor dat die kerk vir hom ‘n studio woonstel ‘n blok verder gegee het, en het hom kort daarna gehuur om die tuin in stand te hou en ‘n opsigter te wees. Alhoewel ek nog altyd weer met hom wou praat, het ek geweet dat ek so ‘n klein, onbenullige rol gespeel het, so om dit te doen, kon veroorsaak dat sy danksegging kon draai van waar dit behoort te wees, by die Here, na my toe.
Weereens, ons weet nooit watter sleutelrol ons geroep word om te speel in die lewe van iemand wat desperaat is vir die Here nie—heeltemal onbewus van Sy plan—tog as ons eenvoudig Sy leiding volg, kan ons 'n sitplek in die voorste ry (of op die balkon) kry om die krag van Sy liefde te aanskou.