“Mansklub Danser”
Verlede week het ek van ons familielede se reddings afgewyk om te deel oor my baas en sy vrou en hoe God lief is daarvoor om die onsinnige, soos ek, te gebruik, as ons harte oop is. Vandag is bewys dat Hy ons ook in baie verregaande maniere wil gebruik wanneer ons by Hom en Sy leiding ingeskakel is.
Weer, soos in verlede week se storie, het ons in Florida gebly en ek het net my 3 seuns gehad, Easton was nog ‘n baba. Gou na ons getrek het, was ek seker dat ek weer swanger was, maar dit was net ‘n slim plan wat God gehad het om my weer by Pro Lewe te laat begin werk. Ek het vir amper ‘n jaar afgevat van vrywilligheidswerk nadat ons van Kalifornië na Florida toe getrek het. So, aangeien ek geglo het dat ek weer swanger was, het ek deur die geel bladsye gegaan vir ‘n advertensie waar ek kon sien dat dit ‘n Pro Lewe kliniek was wat gratis swangerskap toetse aanbied. Dit was lank voor ‘n vrou eenvoudig ‘n toets by die winkel kon koop, wat beteken het dat jy dokter toe moes gaan om uit te vind. Dit was duur en dit het ook langer geneem om uit te vind wat die resultate was.
Die oomblik toe ek by die deur van die kliniek inloop, het AL my simptome verdwyn. Toe, nadat dit bevestig was dat ek nie swanger was nie, het die berader begin verduidelik oor die lewe wat binne my groei en die waarde van die baba, toe ek haar gekeer het en verduidelik het dat ek vir jare ‘n berader was. Dit was toe dat haar oë verlig en sy vir my gesê het dat hulle vrywilligers nodig gehad het en interessant, daardie selfde aand het hulle ‘n vergadering vir nuwe vrywilligers gehad. Ja, Hy het my opgestel en ek het geweet dat my tyd af verby was, dit was tyd om terug te gaan en te doen waarvoor ek ‘n passie het.
‘n Paar maande later, op Dankseggingsoggend, het iets my aangehits om daardie oggend na die kliniek toe te gaan alhoewel dit toe was. Toe het ek vir my man gesê ek sou terug wees, en het oorgery, die deure oopgsluit en hulle weer agter my gesluit. Net minute later het ek ‘n klop aan die deur gehoor en my hart het wild begin klop omdat die area slordig en gevaarlik was, so ons was gewaarsku om nooit die deur oop te maak wanneer ons alleen was nie. Wetend dat daar reëls was, het ek ook geweet dat ek vir ‘n rede gekom het, so toe vra ek vir die Here wat om te doen. Toe ek die deur stadig oopgemaak en uitgeloer het, het daar ‘n hoogs swanger vrou gestaan wie baie vuil was, met hope ou grimering aan en baie min klere. Onmidellik het ek geweet waarom ek gekom het. Ek het haar verlig verwelkom en was ook opgewonde.
Frankie het vir my begin vertel waarom sy daar was, om ‘n aborsie te kry, so toe sê ek om te begin moet ek inligting kry (dit is hoe ons opgelei was om hulle te kry om te begin praat oor waarom hulle voel dat aborsie hulle enigste opsie was). Niks kan jou ooit voorberei om die soort lewe te hoor waardeur sommige vroue leef nie. Frankie se kêrel was onlangs tot etlike jare in die tronk gevonnis, so teen die einde van die maand, het sy nêrens gehad om te bly nie. Die spore op haar arms het ook gewys waar haar geld, wat sy as danseres by die mansklub gemaak het, heen gegaan het—ja, ver swanger en dans nog steeds met niks aan nie
Ek het haar laat praat en toe ek geweet het dat sy alles gedeel het, het ek oor die lessenaar geleun en gevra wat sy daardie Sondag doen; het sy enige planne gehad? Meer as ‘n bietjie verbaas, het sy gesê, niks, so toe vra ek vir haar of sy daarvan sal hou om saam my kerk toe te gaan en my gesin te ontmoet—ek het vir haar gesê hoe ek graag wil hê dat sy my baba moet vashou en my man en 2 seuns leer ken. Verward het sy gevra, “Jy wil hê ek moet jou gesin ontmoet?!”
“Natuurlik, jy sal mal wees oor hulle en hulle oor jou. Sê asseblief jy sal kom?”
Alhoewel sy gesê het sy sou, toe ek buite gestaan het en sy nie opgedaag het nie, het ek gedink dat dit nog steeds ‘n goeie idee was. Ons was nie eintlik by ons kerk nie, dit was die kerk wat die Pro Lewe kliniek geborg het en was naby, so toe dit in my kop ingepop het, het ek geweet dis waarheen om haar te nooi. Toe ek skielik opkyk en haar na ons toe sien loop, meer as ‘n bietjie karig aangetrek, wat my laat glimlag het, omdat dit ‘n Baptiste kerk was en ek het geweet dat dit ‘n paar wenkbroue sou laat lig.
Toe sy aangeloop het, het ek my arms vorentoe uitgestrek met my baba seun wat sy voete skop, glimlaggend, vir haar om vas te hou. Op daardie oomblik kon ek alles in haar houding sien verander. Voor dit, was sy hard koud, en ongevoelig. Toe, onmiddelik, soos wat my pragtige baba geglimlag en na haar gegryp het, het daardie fasade weggebreek (Easton het altyd daardie uitwerking op mense gehad, selfs destyds).
Terwyl my man ons twee ouer seuns na hulle klasse geneem het, het ek haar gevra om saam my te kom om die baba in die babakamer te sit en terwyl ek daar was, het ek na die pasgebore kamer gewys waar ek gesê het, “Dit is die kamer waarheen jy jou baba kan bring; ons kan later inloer sodat jy die dames kan ontmoet—hulle is almal oumas en is lief daarvoor om die babas gedurende die diens te wieg sodat jy tyd vir jouself kan hê.”
Toe ons in die kerk gebou ingeloop het, het ek die kliniek se stigter, Barbara, raak gesien, oor wie ek in vervoering was van die oomblik wat ek haar ontmoet het. God het haar gebruik as ‘n ongelooflike Titus ouer vrou toe sy my opgelei het om ‘n Pro Lewe spreker te wees, wat ek weet my vir hierdie bediening voorberei het.
Lank voordat ek haar gesien het, het Barbara ons gesien en na ons toe gekom met uitgestrekte arms en ‘n groot glimlag op haar gesig. Sy het in Frankie se rigting gekom (nie myne nie), sy het haar arm om haar skouer gesit terwyl sy omdraai, en natuurlik in ‘n baie sagmoedige en stil stem, het sy haar vergesel om by “ons” te sit. Natuurlik het sy nie een ding van Frankie geweet nie, nog minder het ons ooit na haar kerk toe gekom, maar net soos wat dit weke vantevore beplan was, het Barbara in die gees van die Here gevloei.
Frankie het tussen my en Barbara gesit, so ek was in staat om te kyk en leer hoe pragtig hierdie ouer vrou geweet het wanneer om niks te sê nie, wanneer om 'n arm om Frankie te sit, of eenvoudig haar hand vas te hou. Barbara het ook geweet presies hoe en wat om te sê toe die priester mense geroep het om vorentoe te gaan. Sy het na Frankie toe gedraai en gefluister, “Ek weet jy wil gaan, maar dit is ‘n bietjie vreesaanjaend, is dit nie? Natuurlik, is jou hart besig om so hard te klop, so laat my saam jou vorentoe stap” soos wat sy eenvoudig opgestaan het, nog steeds met Frankie se hand in hare. Toe hulle by die preekstoel kom, het Barbara haar van agter vasgehou, maar het die altaar werker gelos om haar deel in SY reddingsplanne te doen.
Aan die einde van die diens, in plaas daarvan om op te staan en te loop, was ons gevra om te sit. Toe het die gordyne agter die preekstoel oopgemaak, en die doopvont ontbloot—en daar het Frankie gestaan, heeltemal in wit, besig om gedoop te word! Toe die gordyne toegemaak het, het almal opgestaan om te loop, maar Barbara en haar man het nie opgestaan nie, so ons het ook nie. Hulle het ook nie gepraat nie, so ons het ook nie, toe ‘n paar minute later, was Frankie daar, nat hare, met ‘n geleende trui aan (wat toegemaak het wat ontbloot was, maar wat ek besef het was dat niemand gestaar het of ‘n wenkbrou gelig het nie!)
Dit is toe wat ek onthou het dat net nadat ons vir kerk vertrek het, het ons besef dat ons geen kontant gehad het om Frankie uit te neem vir middagete nie (en om haar huis toe te neem wat te ver weg was). Dit was voordat mense kredietkaarte gebruik het en ek is nie seker of debietkaarte al bestaan het nie, wat sou beteken dat vir ons om uit te gaan vir middagete sou ons kontant nodig gehad het en ons het nie genoeg gehad nie. Tog, hierdie gebeurtenis in die Here se Redding Storie het eenvoudig so naatloos gebeur as al die ander. Toe ons opstaan het Barbara vir Frankie gesê dat as ‘n nuwe lid van hulle kerk, sy ons kon uitnooi om haar te vergesel na die Sondag middagete wat die laaste Sondag van die maand gehou word.
Terwyl ons besig was om te eet, het dosyne lidmate verby gekom om vir Frankie ‘n drukkie te gee en het haar begin uitnooi na verskillende programme wat sy dalk sou geniet, saam met hulle, daardie week. Voordat Barbara weg is, het sy vir Frankie gesê dat sy haar vroeg die volgende oggend by die kliniek sou ontmoet om haar te help om kraamklere en ‘n baba uitset (die kot, klere, doeke, ens.) wat sy nodig sou hê, te kies. Dan daarna sou hulle middagete saam hulle pastoor eet om oor opsies te praat vir ‘n nuwe werk en opleiding as sy geïnteresseerd is.
Daardie dag het Frankie haarself Frances begin noem en twee maande later het sy geboorte gegee aan ‘n pragtige babaseuntjie wat nie aan heroïen verlsaaf was nie. Die oomblik toe sy opgekom het uit die water, het Frances gesê sy het onmiddellik geweet dat sy vry was van haar dwelmverslawing.
Oor die jare het ek en Frances kontak behou. Om haar nuwe lewe dop te hou het my in vervoering gehou (en doen nog steeds) ieder en elke keer as ek sien wat God gedoen het om hierdie jong vrou te help om iemand splinternuut te word.
Dit is nie die eerste of laaste keer wat die Here my iewers heen gelei het om iemand spesiaal vir Hom te ontmoet nie. Volgende week sal ek met jou ‘n voorval deel wat my in groot moeilikheid laat beland het, en tog, almal het geweet dat Hy iemand wat nie net onsinnig was nie, maar ook swak, gekies om ‘n hulpelose swart man te help om ‘n lewe in Hom te vind!
1 Korintiërs 1:27 Afr 83
“En tog, wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam.”