Perfekte Vrede

“Dit sê ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle moeilikheid hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” J16:33

Met die lees van Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 6 is ek net weereens herinner dat ons werklik stil moet wees en ALLES na ons kosbare Here toe moet neem.

Ek het nie altyd alles na die Here toe geneem nie en boonop het ek al my gevoelens op my mou gedra. Ek het moeilike situasies glad nie goed hanteer nie en dra vandag nog die newe effekte van skuld en skande van hoe sommige mense my nog sien (oor hoe ek in die verlede reageer het). Maar dis ok, ek kannie tyd terugdraai nie, ek kan wel nou probeer om 'n beter mens te wees, alles deur my kosbare Liefling Here se genade, wat ek in Sy liefde vind. En al wat saak maak is hoe die Here my nou sien en dat ek Sy perfekte vrede ervaar en in Sy liefde bly.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit die les:

Sy genade, gevind in Sy liefde, is wat vrouens help om te “glimlag vir die toekoms” wanneer die toekoms soos ‘n diep, donker gat lyk. Dit is nie dat ons braaf is nie, nie regtig nie, maar dat ons weet Wie die toekoms hou en ons weet hoe Sy storie eindig. Laat ons ook nooit vergeet nie, dit is dikwels die “klein jakkalsies wat die wingerde verniel.” Met ander woorde, dit is altyd die klein dingetjies wat ons moet aanpak en oorkom: dinge soos oorgangsjare, huweliks verlating, verwerping van familie, of finansiële ondergang. Net wanneer ons ons “self” verower te midde daarvan, kan ons die grotes verower wat dalk vir sommige van ons voorlê.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief nie die foute te maak wat ek gemaak het nie, wees stil en vat alles dadelik na die Here toe. Bly in ons kosbare Here se liefde en ervaar SY PERFEKTE VREDE.

9 thoughts on “Perfekte Vrede”

  1. Dankie liefste Janine. Ja liefste Janine ek ook in die verlede opgekrop net om later n uitbarings te kry wanneer als te veel geraak het en dit het glad nie goeie uit gedraai nie van dat ek geleer het om dit vir die Here te gee en dat ek by die Here kan gaan huil.
    Het dit baie in my lewe verander. Ek wil ook elke bruid aanmoedig om dit vir die Here te gee en met Hom daar oor te praat.

    1. Ja kosbare Kristy, dit het met my ook nie goed uitgedraai nie, maar daarom is ek ekstra dankbaar vir ons kosbare Liefling Here se genade wat als vir ons ten goede gebruik en omdraai.

    2. Ek het dieselfde gedoen liefste Kristy, ek het opgekrop en opgekrop todat ek ontplof het en dit was nie mooi nie… Mens rig soveel skade aan, nie net aan die ander persoon of persone nie, maar ook aan jouself. En jy verwoes ander se siening van jou totaal en al… Maar hoe bevoorreg is ons nie dat Hy ons op hierdie reis geroep het, om op die Pottebaker se wiel te wees en totaal en al oor te gee om verander te word nie!!

      1. Jy’s so reg kosbare Adina, ek weet in my eie lewe het dit nie net skade aan ander mense gedoen nie, maar aan myself ook. Maar ja ons kosbare Here is die Pottebakker en ons die klei, wat Hy besig is om te verander tot eer van Sy groot Naam.

  2. Dankie Janine, jy is so reg. As ons Sy vrede ervaar, maak dit ons lewens soveel makliker. Ek het ‘n vers in my hart die laaste paar dae. Dit was ‘n moeilike vers vir my om te hoor, maar my lieflike Man is so goed vir my.
    “Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom. ”
    https://bible.com/bible/50/1jn.4.18.DB

    1. Wow ek het so nodig gehad om hierdie vers te lees, dankie kosbare Yvonne. Ek wil beslis heeltemal deurdrenk wees met God se liefde.

    2. Dankie vir die vers Yvonne, Hy herinner my ook nogal gereeld daaraan dat perfekte liefde alle vrees verdryf….. Maar ons vlees wil tog so graag in vrees lewe, vashou aan dit wat ons “bang” maak… maar ons moet oorgee aan Sy perfekte liefde sodat dit alle vrees kan verdryf.

  3. Dankie Janine, ek het dieselfde foute gemaak, en ek glo baie mense dink nog aan my as daai persoon wat so reageer het… Maar hoe wonderlik is dit nie dat ons eerste na Hom toe kan hardloop met alles nie? Net om by Hom te sit en al ons slegte en goeie emosies vir Hom te gee… Ons Geliefde is so getrou, Hy vat al daai slegte emosies weg en vervang dit met Sy perfekte vrede….

    1. Dis baie wonderlik kosbare Adina, dis so bevrydend en vertroostend om te weet ons kosbare Here weet presies wat om met elke situasie in my lewe te doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui