Onthou Wat Die Here Al Gedoen Het…

“Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie’” M3:10

Soms staar ons te lank na ons probleme en vergeet wat die Here alreeds vir ons gedoen het. Op 25 Oktober 2023 het ek gedeel oor hoe die Here besig is om my uit my fiansiële krisis te haal. My lewe het totaal en al verander vandat ek my tiende betaal en natuurlik het die beproewinge nie gestop nie, maar net so het ons kosbare Liefling Here se goedheid ook nie gestop nie. Wow 'n hele jaar is al verby en die Here se voorsiening in my lewe is ongelooflik. Net gister het iemand vir my gesê hoe geseënd ek is toe ek die foon wys wat ek persent gekry het (want nie so lank terug het ek my Liefling Here gevra dat ek asseblief 'n foon nodig het, waarvan ek meer kan werk) en bygesê dis niks wat ek verdien nie, dis alles ons kosbare Liefling Here se genadige voorsiening.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om die Here te vertrou en al jou hoop in Hom te plaas, ja selfs jou finansies en kyk en beleef hoe Hy vir jou die vensters van Hemel oopmaak, want Hy is beslis getrou aan Sy Woord.

Lees meer oor tiendes.

4 thoughts on “Onthou Wat Die Here Al Gedoen Het…”

  1. Liewe Janine, dis vir my so amazing hoe ons Here my elke keer antwoord. Net vanoggend voordat ek dìe gelees het, het groot bekommernis oor my gekom oor finasiele redes en ek het Hom gevra wat ek moet doen want ek weet nie meer nie en hier plaas jy hierdie gedeelte! Wow!

    1. Kosbare Betty ek weet ons Liefling Here gaan vir jou deurkom en ek sien uit na die getuienisse wat oppad is.

  2. Sjoe liewe Janine, hoe wonderlik is dit om oor jou seëninge te praat! Wanneer ons hierdie en enige tipe bekommernis in Sy hande plaas, sorg Hy vir die saak.

    Ek verwonder my ook aan Sy Voorsiening, selfs te midde van baie krisisse waardeur ek moes gaan, is dit ‘n vreugde om te weet dat ons onder Sy Dekking is. En ek is mal daaroor dat jy iets uitgelig het wat ons dikwels vergeet: “dit is nie dat ons iets verdien nie, dit is bloot Sy Liefde en genade.”

    “Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle.” P348

    1. Wow wat ‘n pragtige belofte way jy mer ons deel kosbar Perla en ja alles Sy genade en liefde wat ek so dankbaar voor is.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui