“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink." E3:20
Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 6 "Hulle Het Dit Nie"
Die oomblik wat ek opgehou probeer het om satisfaksie van die bron van my moeilikheid te kry (wie “dit nie gehad het nie”) en na die Here gedraai het wie my uiterste Bron is van alles wat ons benodig, het Hy my met ontsaglike guns oorstroom en my vergoeding vermenigvuldig, wat Hy belowe aan elkeen van ons!
Ek het altyd na my eggenoot gekyk om my gelukkig te maak en as hy my ongelukkig gemaak het, het dit gevoel asof my hele wêreld inmekaar tuimel. En buiten dit het ek te veel stres op hom geplaas om my gelukkig te hou, terwyl ek self bankrot was. So die dag toe hy my gelos het, het my wêreld omtrent in mekaar getuimel.
Dit was eers baie jare later wat geleer het dat niemand anders behalwe ons kosbare Geliefde Here my werklike Bron van alles is nie. Dis net Hy wat my met vrede en geluk kan vul wat alle verstand te bowe gaan. En vandag besef ek dat my geluk nie van 'n blote mens afhang nie (juis omdat hulle dit nie het nie) maar van ons kosbare Geliefde Here.
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om jou oë op ons Geliefde Here te hou en nie te verwag dat 'n mens jou moet vervul nie. Net Hy, ons Geliefde kosbare Here is ons werklike Bron van alles, so kyk na Hom vir alles.
Janine, presies vandag het ek vir my Geliefde gesê dat die vrede wat Hy vir my gegee het om hierdie Reis te neem net van HOM kom. Want ek kon dit nie self doen nie, alleen.
Wanneer ons ophou om hulp van ander te soek. Hy maak die pad vir ons oop, vul ons met daardie vrede wat ons soms nie eers verstaan nie, maar ons weet dat ons Geliefde dit vir ons gee, want ander het altyd sonder energie en kan nie vir ons gee wat ons nodig het nie.
Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, ek sou dit ook nie sonder ons kosbare Geliefde Here kon doen nie. Ek het ontelbare kere die foute gemaak om hulp van ‘n mens af te vra, maar niemand kon vir my doen wat die Here kan doen nie.
Een van my gunsteling verse is:
“My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het.” P121:2
https://www.bible.com/af/bible/6/PSA.121.2.AFR83