"Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink." P1:1-2
Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 8 "Sonder Woorde" sê dat jy uit jou eggenoot se pad moet kom en dat jy jou eggenoot moet oorgee aan God en op Sy Woord moet mediteer. God is die Een wat jou eggenoot sal verander, want hy kan homself nie eens verander nie.
En ek moet dit net byvoeg ons kannie eens onsself verander nie, so hoe wil ons nog ons eggenoot verander. En glo my ek praat uit ondervinding, want ek het alles probeer om my eggenoot te verander, bygesê ek het alles probeer om myself te verander en dit selfs kon ek nie doen nie. Net ons kosbare geliefde Here kon my verander (en daagliks het ek nog steeds Sy hulp daarmee nodig, want ek het nog baie werk aan myself nodig) en dis net Hy wat ons eggenoot kan verander.
En glo my smeek, mooipraat, alles perfek probeer doen en moenie vergeet van "tough love" nie, want dit alles gaan nie jou eggenoot verander nie en ja dit alles het ek ook probeer. Ek het eenvoudig net nie uit my eggenoot se pad gekom nie en dit het dinge soveel vererger. Na jare van in sy pad staan het ek uiteindelik besef hoe bevrydend dit is om net op te gee en alles aan ons kosbare Here oor te gee, wat beslis weet wat Hy doen.
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om uit jou eggenoot se pad te kom en ons kosbare Geliefde Here met hom te vertrou.
Hello Janine,
Baie dankie dat jy ons aan hierdie les herinner het. Dit is een waarvan ek ongelooflik baie geleer het, en ek probeer hierdie beginsel in elke moeilike situasie toepas waarin ek myself bevind.
Vanoggend het ek ‘n getuienis oor ‘n huwelik gelees waar ‘n vrou erken het hoe sy probeer het om haar situasie te manipuleer. Maar eers toe sy dit oorgee aan God en ophou beheer neem, het dinge vir haar makliker geword. Dit het my diep geraak.
Wat my vandag die meeste tref, is die vers wat jy hierbo gedeel het uit die Psalms—veral die eerste vers wat sê: “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie en nie met sondaars omgaan nie.” Ek het hierdie vers al soveel keer gelees, maar eers vandag het dit werklik tot my deurgedring, juis omdat ek myself in ‘n soortgelyke situasie bevind het. Dit was ‘n waardevolle herinnering aan hoe belangrik dit is om nie vasgevang te raak in aardse dinge nie.
Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Mila en dis so maklik om vasgevang te raak in aardse dinge, ek maak nie eens vir ‘n halwe sekonde wegkyk van ons kosbare Geliefde Here nie, want ek moet erken dan raak ek vasgevang, maar ek het ook geleer ek kan dit nie in my eie krag doen nie, dit bewys maar net ons afhanklikheid van ons kosbare Geliefde Here.