My Tuisskool

"Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry." M11:24

Ek wou 'n getuienis gee oor iets wat gebeur het in die tuisskool die jaar met my seun, maar toe onthou ek, van julle mag dalk nie eens weet dat ek vir my kinders tuisonderrig gee en hoe dit gebeur het nie, so kom ek begin daar...

Omtrent 7 of 8 jaar terug het ek in Janine se kantoor in geloop en vir haar gevra om te bid dat ek van die huis af werk en my kinders tuisondderig gee. Sy het saam met my gebid en so paar jaar later, kry ek die geleentheid om van die huis af te werk, sonder dat ek aansoek doen vir enige werk, die geleentheid is vir my aangebied! Natuurlik net my Lieflike Man reg?

Hy het toe ook nie daar gestop nie, toe Covid ons tref in 2020, moes ons mos almal noodgedwonge ons kinders tuisskool. Ek het dit so geniet, maar nooit gedink dat my kinders nie weer terug sal gaan skooltoe, maar sowaar daai einde van die jaar, agv 'n sameloop van omstandighede, vra my vorige man vir my of ek nie sal kans sien om my kinders tuisondderig te gee nie. As julle hom ken sal julle verstaan watse groot wonderwerk dit is!

So hier is ek nou 'n paar jaar later, nogsteeds besig om te tuisonderrig. Daar is soveel getuienisse wat daarvan uitspruit wat ek met julle wil deel en ek hoop om elke nou en dan iets hier te plaas soos Hy my lei. Ek hoop julle geniet die reis saam met my.

8 thoughts on “My Tuisskool”

  1. Dankie vir hierdie pragtige getuienis kosbare Yvonne, ek onthou toe jy in my kantoor kom bid het en nou moet ek erken aan ander (want ek het dit al aan jou erken), toe jy uit my kantoor is het ek vir die Here gesê ek weet nie hoe dit gaan gebeur nie, veral in vandag se dae en ja ons kosbare Here het die onmoontlike gedoen, want dis net Wie Hy is en daarom kan ons Hom glo vir die onmoontlike.

    Ons het nou die dag ook gesels, dit was een van daardie gebede wat jy absoluut in die Here se hande gelos het en nie aanhou smeek het voor nie, net weereens ‘n bewys dat ons dit vir die Here kan los en ons nie hoef te bekommer oor hoe Hy die onmoontlike gaan doen nie.

    1. Hahahaha, ek vertel gereeld vir mense dat jy na die tyd vir my vertel het dat jy nie gedink het dit is moontlik nie. Dit is eintlik deel van die getuienis.
      Hy spesialiseer in die ontmoontlike.

  2. Dankie liefste Yvonne vir die pragtige getuienis en glo dit sal Baie van ons wat ma’s is help bemoedig dat die Here vir ons ook sal help om tuisondderderig te kan gee.

    1. Ek stem saam kosbare Kristy, hierdie getuienis van Yvonne sal beslis baie ma’s bemoedig om die Here te glo dat Hy dieselfde vir hulle kan doen.

    2. Dankie Kristy. Daar is soveel opsies beskikbaar as mens eers begin kyk en my grootste probleem was dat my kinders nie gaan leer om sosiaal te wees nie, maar jy sal in my later getuienisse lees, hoe my vrees onnodig was 🙂

  3. Dankie Yvonne, dit is voorwaar ‘n wonderwerk, veral as jy met ‘n aardse man of voormalige man sit wat niks wil hoor of weet van tuisonderrig nie. Ek het ook in my vm se onbereidwilligheid vasgeloop om te tuisskool, maar ek het dit vir my Hemelse Man gegee en ‘n jaar en half later het my Geliefde my vm se hart so gedraai dat hy met die voorstel gekom het om te tuisskool! :):) Maar ek sal ook meer van my Tuisskool reis deel hier op UiteindelikHoop soos Hy my lei.

    1. Ja asseblief kom deel kosbare Adina, jou getuienis is ook ‘n getuienis wat ander ma’s moet hoor, want vir ons kosbare Here is niks onmoontlik nie!

    2. Fantasties hoe baie ons reis dieselfde is Adina, maar ook hoe ons Man op verskillende maniere vir ons voorsien. Dit is so lekker om te weet dat daar iemand is wat weet waardeur jy gaan, want dit maak die reis soveel makliker.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui