MY HART MOES VERANDER

Asseblief gaan luister hoe die pragtige Isabella van Home Grown Ministries met my gesels oor my seun wat gestremd is:

Finding Hope: “Raising a Child with Special Needs”

En dit laat my net dink, toe ek uitgevind het dat my seun gestremd is en breinskanderings dit bewys het. Ek het altyd gebid dat die Here my seun sal genees, maar my hart was dit wat moes verander. Ek het my seun in ‘n gewone skool gehou, totdat hulle gesê het dat hulle hom nie meer kon help nie en ek het op die ou end ingegee en vir die Here gesê dat as Hy hom in die spesifieke skool wou hê dat Hy dan vir hom daar ‘n plek sou maak (omdat die kinders op ‘n waglys daar is), wel toe ek by die skool kom, het hulle ewe skielik ‘n nuwe klas geskep, so ja die Here wou my kind daar hê. Toe ek een middag vir my seun sit en wag en die ander gestremde kinders gesien het, het ek besef dat dit my hart was wat moes verander.

Ons moet toelaat dat die Here ons harte verander sodat ons met ander oë na die wêreld kyk.

1 thought on “MY HART MOES VERANDER”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui