My Beminde Kind – Dankie

Toe hy hom dan gegryp het, het hy hom in die gevangenis gesit en oorgegee aan vier wagte, elkeen van vier soldate, om hom te bewaak, met die bedoeling om hom ná die paasfees voor die volk te bring. H12:4

My kinders het 'n moelike naweek by hulle pa gehad. Hulle was nou twee naweke in 'n ry by my as gevolg van 'n konsert wat hulle bygewoon het. Toevallig was die konsert op die naweek wat dit ook vadersdag was. Ek is glad nie meer betrokke met die reël van naweke nie, die kinders doen dit al 'n paar maande self.

Gister toe hulle huistoe kom vertel hulle vir my dat hulle baie diep in die moeilikheid was omdat hulle nie vadersdag by hulle pa was nie en my dogter sê toe vir my: "As ons nie die Here gehad het nie, weet ek nie wat ons sou doen nie."

Sjoe, dit het my hart so rustig gemaak toe sy dit sê want ek weet toe maak nie saak wat nie, hulle weet hulle het Hom.

Sy gaan toe verder en vra of haar pa ooit 'n ontmoeting met die Here gaan hê en ek antwoord toe dat hulle moet vertrou dat die Here vir hulle sal doen wat Hy belowe het.

Ons lees elke oggend bybel saam en ook die "My Beminde Kind" in Afrikaans. So toe my dogter gister oggend s'n lees, toe sien sy daar dat haar Hemelse Vader haar vraag beantwoord het.

Sy was uit die veld geslaan en sy sê toe vir my, somtyds as mamma vir my die dinge vertel, dan het ek altyd so bietjie gedink mamma oordryf so bietjie, maar hier gebeur dit toe nou met my vandag. Ek kon net glimlag vir my liefste Man wat my dogter so mooi lei en soos gister haar dadelik geantwoord het toe sy vra.

My oë is nog vol trane en ek wil vir Erin dankie sê dat sy die My Beminde kind geskryf het en ook vir Janine, dat sy dit vir ons vertaal het.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

3 thoughts on “My Beminde Kind – Dankie”

  1. Dankie dat jy hierdie getuienis deel kosbare Yvonne, ek is so jammer dat jou kinders deur seer gaan, maar so ongelooflik dankbaar dat hulle ‘n getuienis het om te sê hulle weet nie wat hulle sou doen as hulle nie die Here gehad het nie, wow dis so mooi, hulle weet waar hulle hulp vandaan kom en dis pragtig dat dit al op so jong ouderdom is. Wow en so pragtig hoe die Here klaar jou kinders lei.

    Met trane van dankbaarheid is ek so ongelooflik dat die Here my na RMI – UiteindelikHoop.com toe gelei het om alles vir Hom te doen. Van iemand wat gevoel het sy het geen doel nie, toe iemand wat vir die Here werk, alles so die moeite werd.

  2. Liefste Janine, dit is so waar. Dit is lekker om te weet dat ons ‘n verskil in ander se lewens kan maak net deur te deel hoeveel Hy vir ons doen.

  3. Dankie liefste Yvonne dat jy dit deel. Dit is so moeilik om te sien as ons kinders deur moeilike tye gaan, maar ons kan net dankbaar wees dat hul hul Hemelse Vader het en kan weet dat Hy altyd by hulle is deur die moeilike omstandighede.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui