Moenie vrees nie

Vanoggend doen ek Bybelstudie, die vers van die dag was Sefanja 3:14-18. Dit is iets wat ek nodig gehad het om te hoor vandag, die laaste twee dae het daar weer van my vrese in my gedagtes op gekom en ek voel God het my net weer herinner dat Hy by my is, en dat ek nie hoef bang te wees nie, ek wil graag deel:

“Sing, Sion! Juig, Israel! Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem! Die Here het ‘n einde gemaak aan jou straf, Hy het jou vyande laat padgee. Die Koning van Israel, die Here, is by jou; jy hoef geen ramp meer te vrees nie. Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesĂȘ word: Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie! Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Ek maak diĂ© bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, diĂ© wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het.”

Hoe wonderlik is dit nie? Dat die God jubel en juig oor JOU, die Here jou God is by jou Hy sĂȘ vir ons om geen ramp te vrees nie Hy sal jou red. Weer sĂȘ dit vir ons wees vrolik en bly, moenie kla nie prys die Here! Hy het alles onder beheer. Niks vang Hom omkant nie.

Ek wil ook net vir my wonderlike Vader dankie sĂȘ dat Hy my nie as ‘n onvolmaakte mens sien nie, maar as ‘n kind wat my in Hom verlustig. As ek dink oor alles wat Hy al vir my gedoen het, is ek met dankbaarheid oorweldig, Hy is so vriendelik en goed teenoor my. Hy is my vaste bron van hoop en vreugde. Hy is waardig om te alle tye en in ALLE omstadighede geprys te word. Moet nooit fokus op God se liefde verloor nie, maak Hom die belangrikste deel van julle lewe.

6 thoughts on “Moenie vrees nie”

  1. Dankie vir hierdie pragtige lofprysing Mila, dis so mooi. Hy is ons brons van alles en dit is so waar, as ons Hom eerste plaas, val alles net in plek en ons ervaar ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan en ons hoef werklik nie te vrees nie, want vrees is buitendien nie van Hom af nie. IIT1:7
    Lees hoe mooi: So eerder as om uit te hardloop in die storm in, ‘n storm wat niemand anders as HY kan beheer nie, wag en slaap selfs binne waar dit warm en droog is, opgekrul langs Hom. Op ‘n stadium, daarvan kan jy seker wees, sal Hy die storm berispe en stil maak, ‘n storm wat eens op ‘n tyd so gevaarlik voorgekom het.
    https://uiteindelikhoop.com/lewenslesse/w21/

  2. Thank you Mila, for sharing this Bible verse, i also needed to hear this today. For the last couple of days my tears are regularly present. Encouragements like this that my Lord will sing over me and is with me always, are more than welcome. I’m not quite sure yet why I keep feeling so emotional. Several things are taking place, but none of them that I would think He can’t change. He sure is great and I will wait and praise Him for the control He has over my lifeđŸ„ł.

    Much Love đŸŒč.

    Dankie Mila, dat jy hierdie Bybelvers gedeel het, ek moes dit ook vandag hoor. Vir die laaste paar dae is my trane gereeld teenwoordig. Bemoedigings soos hierdie dat my Here oor my sal sing en altyd by my is, is meer as welkom. Ek is nog nie heeltemal seker hoekom ek so emosioneel bly voel nie. Verskeie dinge vind plaas, maar nie een van hulle wat ek sou dink Hy nie kan verander nie. Hy is beslis groot en ek sal wag en Hom loof vir die beheer wat Hy oor my lewe het đŸ„ł.

    Baie Liefde đŸŒč.

    1. Kosbare Kristine, ek wil ‘n getuienis gee wat my ongelooflik baie gehelp het laas week toe ek bekommerd was oor iets. Ek het vir my Liefling gesĂȘ dat ek Hom gaan loof en prys juis in die omstandighede en hoe meer ek die Here geloof en geprys het, hoe meer het daar ‘n vrede oor my gekom wat alle verstand te bowe gaan. En dan moet ek een van my gunsteling bybelverse byvoeg wat ek gemomoriseer het toe ek baie trane beleef het:
      …ewige vreugde sal op hulle(my) hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle(ek) verkry, maar kommer en gesug vlug weg. J35:10

      1. Hello Janine, thank you for the encouragement. I am going to wright that Bible verse down. And meditate on it. Love it how you encourage others with scriptures 😘

        Hallo Janine, dankie vir die aanmoediging. Ek gaan daardie Bybelvers neerpen. En mediteer daaroor. Hou daarvan hoe jy ander bemoedig met tekste 😘

        1. Dankie kosbare Kristine, vir jare het ek so negatief oor my lewe gespreek totdat ‘n oom van ‘n kerk waar ek was vir my geleer het om God se woord oor my lewe te spreek, want dood en lewe lĂȘ in die mag van die tong en God se woord is kragtig, lewendig en skerper as enige tweesnyende swaard en ons wonderlike Here het Sy woord vir ons gee as bemoediging. Is Hy nie net wonderlike nie!!!

  3. today I was reading lesson 8 of the book “Restore your Relationships”. It contained the Bible verse 1 Peter 2:21-24
    For to this you were called, because Christ also suffered for you, leaving you an example, that you should follow in his footsteps; 22who has committed no sin, and in whose mouth no deceit has been found; 23who, when he was reviled, reviled not again, and when he suffered, threatening not, but committed himself to him that judgeth righteously; 24who himself bore our sins in his own body on the tree, that we, being dead to sins, might live unto righteousness; and by his stripes you were healed.

    It spoke to my heart and it comforted me 😍

    vandag lees ek les 8 van die boek “Herstel jou verhoudings”. Dit bevat die Bybelvers 1 Petrus 2:21-24
    Want daartoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en vir julle ‘n voorbeeld nagelaat het, sodat julle in sy voetspore moet volg; 22wat geen sonde begaan het nie, en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23wat, toe hy uitgeskel is, nie weer beswadder het nie, en toe hy gely het, nie gedreig het nie, maar hom aan hom verbind het wat regverdig oordeel; 24wat self ons sondes in sy liggaam aan die boom gedra het, sodat ons, wat dood is vir die sondes, tot geregtigheid kan lewe; en deur sy strepe is jy genees.

    Dit het tot my hart gespreek en dit het my 😍 getroos

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui