Verlede week het ek belowe om ‘n tweede voorbeeld te deel van die onnodige pyn en lyding wat aangebring word deur eenvoudig nie na ons Hemelse Vader of Hemelse Man toe te gaan om ons sondes te bely en om deur Sy vergifnis en liefde omhels te word nie.
Hierdie keer was dit ‘n liewe vriendin wie ek vir die eerste keer van aangesig tot aangesig in Suid Afrika ontmoet het. Ons ken mekaar al vir baie jare en het saamgewerk in RMI, so ek was uiters opgewonde om haar te ontmoet. Aangesien ek op ‘n vroeë vlug aangekom het, het sy voorgestel dat ons ‘n Suid Afrikaanse ontbyt by die spoggerige lughawe hotel geniet. Ek kon net nie glo dat ek daar in ZA was nie en die maitre d’ het nie gehelp om my kalm te hou nie omdat hy uitgerus was in ‘n stam kopdoek en outentieke drag.
Tog so opgwonde soos wat ek was, kon ek 'n paar onheilige gevoelens oor ons tafel aanvoel. Soos almal van ons dikwels doen, eerder as om te besef dat dit dikwels nie oor “ons” is nie, het ek gedink dat sy dalk teleurgesteld was om my te ontmoet of dat sy miskien nie wou gehad het dat ek moes kom nie.
Gelukkig het sy besluit om “skoon te kom” terwyl ek besig was om die natuurskoon te geniet terwyl ons na haar huis toe gery het. Sy het skielik na my toe gedraai en amper geskree, “Jy weet, weet jy nie!! Ek kon sien dat jy weet en dit is besig om my dood te maak!!!”
Die snaakse ding is, ek het geen idee gehad wat sy gedink het “ek weet” nie, en op hierdie oomblik kan ek nog steeds nie onthou waaroor sy “skoon gekom” het nie. Wat ek jou kan vertel is dat wat sy ook al gesê sy gedoen het, was glad nie nodig om oor te bieg nie omdat dit waaroor sy gebieg het, glad nie verkeerd was nie. Dit is reg, wat sy rongedra het, bang dat ek haar sou ontslaan as ek geweet het, was niks gewees nie. Ek onthou nounet dat dit iets oor haar egskeiding was. Dat dit nie haar man was wat die egskeiding aanhangig gemaak het nie, maar dat dit sy was omdat hy vir haar gesê het sy moet. Maar wie gee om, want wie van ons het nie iets verkeerd gedoen nie? Ons almal het “gesondig en het nie deel aan die heerlikheid van God nie” en dit is hoekom ons ‘n Redder het.
Kort nadat ek dit aan haar verduidelik het, was sy opgewonde, in ekstase, asof sy op die wolke kon loop. Ek het uitgevind dat die vyand haar geteister het vanaf die oomblik wat ek haar vertel het dat ek Suid Afrika toe sou kom, vir haar gelieg het dat ek dit sou uitvind en dat dit die einde van ons vriendskap sou beteken en dat ek haar uit die bediening sou skop.
Gelukkig het sy nie gewag vir my om “uit te vind” nie en het dit uitgeblaker, soos wat ek gesê het, amper geskree, en my reaksie, glo ek, was dat ek gelag het, wat die gelaaide atmosfeer onmiddellik ontlont het. Het sy nie “skoon gekom” nie—kan jy jou voorstel hoe my tyd saam haar sou wees? Presies, gespanne, ongemaklik en ver van genotvol. Tog deur te weier om verder “skuldig” daaroor te voel, wat tot haar gevoellens van veroordeling en beskuldiging gelei het, wat tot haar skande gelei het, wat gelei het dat sy dit van my af weggesteek het—was ek en sy vrygestel om die weke wat ek by haar gekuier en ZA ontdek het, te geniet.
Net onlangs was daar nog ‘n minister wat in ‘n lofverslag bely het toe sy gesê het, “Ek moes onlangs aan die Here bely omdat Hy nie eerste was in my tiendes nie, ek het sedertdien verstaan om Hom eerste te betaal voordat ek enige van my rekeninge betaal. Ek het ook nie besef dat die Here besig was om vir my hierdie sonde te wys nie en ek was baie buierig, geïrriteerd en kortaf en gemeen met ander omdat ek in sonde was.“ Dit het bevestig dat dit ‘n epidemie is. Dit is wat baie van julle kwel en dit is ‘n werklike probleem wat blootgelê moet word.
Laat my voortgaan met dieselfde onderwerp, om iets interessant te deel wat ook onlangs gebeur het. Kort nadat die Here ons gelei het om al ons Ministers en Ministers in Opleiding te vra om klaar te maak en vermiste lesse in te dien, het ons agter gekom dat sommige kalm vorentoe beweeg het, en sonder twyfel met hulle HM daaroor gepraat het, wat die rede was hoekom hulle kalm was. Terwyl ander gehaas het om klaar te maak, sommige paniekerig. Dit is weereens iets wat bespreek moet word en na ons HM gevat moet word omdat Hy nooit haastig is nie. Alhoewel die meeste van ons daarvan sal hou om na ons bestemming toe te vlieg en ons Herstel Reis so gou as moontlik te voltooi, om gouer by ons bestemming uit te kom, Hy het ander planne vir ons reis.
Omdat ek Hom ken soos wat ek doen, verkies ek om dinge stadiger te doen sodat ek die reis saam met Hom kan geniet! Terwyl ek regoor die wêreld op ’n verlengde HM Wittebrood was, weet ek nou dat Hy verkies dat ek teen die stadiger spoed van ‘n trein moet reis, eerder as ‘n vliegtuig, sodat ons tyd het om by die venster uit te kyk, terug te sit en die uitsig geniet. Ja, ek gebruik dit figuurlik of metafories, maar ook letterlik.
Interessant, wat vir een minister opgekom het wie gevra was om vermiste lesse te voltooi, was woede—toe sy die gevoel gehad het dat sy ‘n “leuenaar” genoem was en paniekerig geraak het.
Meeste van ons het een of ander skakelaar, iets wat ons laat afgaan. Wat ons volgende onderwerp sal wees. Intussen, wees seker om te stop en Sela, met ander woorde, oordink wat jy geleer het. EN wees seker dat jy nie net dink aan wat jy geleer het nie, maar dat jy ‘n afpsraak met jou Man maak om alleen saam Hom te wees en Hom te vra om met jou te deel hoe hierdie boodskap van toepassing is op jou.