Hierdie week sal ek daarvan hou om te deel oor hoe om op jou Beminde te wag sodat Hy jou kan behandel soos wat Hy jou wil behandel as Sy bruid.

Miskien sou ‘n beter titel “‘n dag in die lewe van een van sy Bruide” wees. Dit het gister gebeur terwyl ek oor my dag nagedink het soos wat ek gewoonlik doen voordat ek gaan slaap. Dit is dieselfde ding wat ek doen die oomblik wat ek wakker word, en weer met my koffie—ek bedank Hom vir ieder en elke ding wat Hy vir my gedoen het. Dit is baie, baie opbouend en ek gaan bed toe met ‘n glimlag op my gesig en begin my dag op dieselfde manier.

So het ek gister gedink aan hoe moeg ek was en ek het Hom begin bedank dat ek so verskriklik moeg en geestelik wasig voel. Soos wat die dag aangegaan het, het ek myself gevind, soort van metodies deur my dag gaan, maar dat ek swak was, in ‘n dwaal—ek het uiteindelik net die mees ongelooflike dag gehad—deur van een ding na ‘n ander te beweeg met so min inspanning. Deur swak te wees het my HM volle en algehele beheer oor elke beweging of besluit wat ek gemaak het, gehad. Daarna, was ek in vervoering...en het meer as een keer gedink, “Het dit regtig gebeur?!“

Laat my jou twee voorbeelde gee: Die eerste ding wat ek moes doen wat op my te Doen lys was, was om na die poskantoor toe te gaan met ‘n hernuwingskennisgewing vir ‘n tydelike posbus wat ek vir die bediening gebruik. Ek het geen idee gehad wat om te doen nie. Elke keer wat ek gevra het, het Hy gesĂȘ, “Wag net.” (As jy onthou uit Week 35 "Bygevoegde Vrees" en Week 36 “Te Kort Skiet”. Ek bly in ‘n vakansie huis, so ek trek gedurig en volg Sy leiding.)

So, toe dit my beurt was, het ek aangespoor gevoel om die storie, dat ek tydelik hier is te deel, en sy het met die mees onwerklike ondenkbare oplossing opgekom! Ek kon dit eenvoudig hernu en ‘n tydelike vorentoe vir 3 maande opstel. Daardie einste dag, nadat Hy gesĂȘ het ek moet wag, het ek ‘n aanlyn 3-maande huurkontrak ‘n entjie noord geteken, waar dit nie so stampvol is nie en dit baie goedkoop gedurende die binne seisoen is. Toe het Hy vir my gewys dat ek vir nog 9 maande sou terugkom na die plek waar ek gebly het!

*Min het ek destyds geweet dat hierdie oplossing sou ontrafel, toe Hy my gevra het “Wag Net, Weer”, dat jy kan uitsien om 31 Mei te lees en hoe Hy dit vir so baie goed gebruik het!

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir diĂ© wat Hom liefhet, diĂ© wat volgens sy besluit geroep is. Romeine 8:28 Afr 83

Volgende week is ek opgewonde om die tweede inspirerende voorbeeld te deel. Vir nou, vra Hom om jou te herinner aan die tye wat Hy jou gevra het om te wag en lys al die goeie wat gedurende jou wag gekom het—wat jy sou gemis het as Hy jou nie gevra het “Wag Net” nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui