LEWENSLES WEEK 6

Week 6 “Aanklaer”


Week 6 “Aanklaer”

Die meeste van ons wil, as ons iets verkeerd gedoen het, weg hardloop en half wegkruip van ons Hemelse Man af, maar dis so onnodig, want Hy weet in elke geval wat ons verkeerd gedoen het en ons kannie vir Hom wegkruip nie. So hardloop onmiddelik na die Here toe en belei wat jy verkeerd gedoen het en soms is dit net sommer 'n vals aanklagte van die vyand af.

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind.

Ek moet erken ek raak ook buierig en geirriteerd as daar sonde in my lewe is wat ek nie belei nie en ja dan is daar ook goed wat ek voel is so verskriklik maar dan is dit net die vyand wat my vals aanklae. En die oplossing vir beide is om net dadelik na ons Hemelse Man toe te hardloop met alles, want Hy wil nie hê dat ons moet rondloop met 'n skuldgevoel nie, Hy is getrou om ons te reinig van al ons ongeretighede en net so wil Hy ook nie hê ons moet met die vals aanklagte van die vyand rondloop nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui