Lewensles Week 59

"My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.’’ J55:8-9

Met die lees van Lewensles Week 59 is ek weer herinner dat ons as Sy bruid, ons pad binne die tonnel van die Rots moet maak want ons kosbare Here sal vir ons veg wanneer daar 'n stryd woed. Lees asseblief hierdie gedeelte aangehaal uit die les uit:

Dink daaraan, hierdie hoofkwartiere was IN die Rots, nie net gebou op die Rots nie. Miskien is dit n simbool van hoe ons as wyse vrouens, wie Sy bruid geword het, ons pad binne die tonnel van die Rots moet maak en ons hoofkwartiere binne moet maak wanneer daar ‘n stryd woed wat Hy vir ons sal veg!

“Moenie bang wees nie! Staan vas, kyk hoe die Here julle vandag gaan red…” E14:13

“Julle hoef nie te veg nie, neem net posisie in en staan en kyk na die oorwinning van die Here vir julle . . . Moenie vrees nie moenie bang wees nie . . . Die Here sal by julle wees.” 2K20:17

Kosbare liefste vrou onthou ons is veilig IN DIE ROTS so jy hoef nie bang te wees nie.

2 thoughts on “Lewensles Week 59”

  1. Dankie liefste Janine vir die pragtige boodskap. ja ons kan met vrede in Hom weet dat ons veilig is by Hom ons rots.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui