Jy Hoef Nie Die Las Te Dra Nie…

"Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop" H12:1 

In Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 12 vertel die skrywer dat sy haarself onlangs in 'n web van laste bevind het wat nie haar eie was nie. Ek moet erken vir so lank het ek probeer om my eggenoot se laste te dra, maar ek moet ook erken dit het te swaar vir my geword, want buiten sy laste het ek boonop my eie ook probeer dra, wat ek ook nie meer kon volhou nie. Ek wou "fix" wat in sy lewe verkeerd was, maar ek konnie eens dit "fix" wat in my eie lewe verkeerd was nie en buitendien wat het my ooit laat dink dat my skouers breed genoeg was om my en ander se laste te dra.

En kan ek jou vertel kosbare vrou, die dag toe ek my laste oorgegee het vir ons Liefling Here, was Hy meer as gretig om dit by my oor te vat en ja ek het my eggenoot laat gaan in die hande van ons kosbare Liefling Here in, wat hom meer lief het as wat ek ooit vir hom kon wees.

Ek moet ook nou erken, soms neem my moederhart oor en wil ek my kinders se laste ook vir hulle dra, maar dan onthou ek, ek ken dié Een wat meer as instaat is om hulle laste ook te dra!

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om jou laste en enige ander laste wat jy probeer dra oor te gee aan ons kosbare Liefling Here.

Lees asseblief hierdie raad wat die skrywer gee:

Wanneer enige probleem of bekommernis in my gedagtes opkom (soos wanneer ek wakker word en nie weet wat ek gaan doen oor iets nie), sê ek net, “Liefling, ek gaan jou nodig hê om vandag vir my om te sien na (wat ook al). Dankie my Liefde.” Dan beweeg ek aan om oor iets anders te praat, gewoonlik om Hom te vertel hoe lief ek Hom het en dikwels praat ons oor al die wonderlike dinge wat Hy die dag vantevore vir my gedoen het.

Dan wag ek eenvoudig en vertrou Hom, en as dit weer in my gedagtes opkom, gee ek dit eenvoudig weer en weer vir Hom.

8 thoughts on “Jy Hoef Nie Die Las Te Dra Nie…”

  1. Liewe Janine,
    So waar wat jy sê.
    God hou ons padkaart in Sy hande elke liewe dag. Elke een van ons sy eie padkaart Hy weet alreeds elke oggend watter pad Hy vir ons vir die dag beplan het.
    Ons moet regdeur die dag vir Hom vra, in elke situasie, watter rigting ons moet stap. En ons kan dit net nie doen as ons al ons laste en ander se laste saam met ons dra nie. Ons moet lig pak dat ons die pad maklik en sonder moeite kan stap.

    1. Ja kosbare Betty, ons het ons kosbare Liefling Here se leiding in alles nodig! Jy stel dit so pragtig, ja ons moet lig pak sodat ons die pad maklik en sonder moeite kan stap en ons kannie dit doen met ander se laste nie. En die wonderlikste van alles is, ons kosbare Liefling Here se alles vir ons dra!

  2. Janine, toe jy sê: “buitendien wat het my ooit laat dink dat my skouers breed genoeg was om my en ander se laste te dra” wow, ja!
    Wat het my ooit laat dink dat my skouers breed genoeg is. Baie dankie hiervoor Janine, ek het vandag dit nodig gehad.

    1. Ja kosbare Yvonne, ons skouers is eenvoudig nie breed genoeg nie, so hoekom dit selfs probeer dra. Vandag het ek gekla oor my gewig en my skieldklier probleem en ewe skielik besef ek hoekom probeer ek selfs daardie las te dra, ek gee dit nou dadelik oor aan ons kosbare Liefling Here.

  3. Dankie Janine, ek het self vir so lank ander se laste probeer dra, plus my eie. Ek het oplossings vir ander se probleme gesoek en myself daardeur benadeel. Ek wou hierdie week weer iemand anders se las probeer dra, maar jy bevestig net met hierdie boodskap wat Hy alreeds vir my gese het; dat ek dit net vir Hom moet gee want ek kan in elk geval niks daaraan doen nie.

    1. Is ons kosbare Liefling Here nie die beste nie kosbare Adina, want ja Hy weet presies wat om met elke las te doen, net weer ‘n herinnering aan myself ook, dankie ons kan rerig in elk geval niks daaraan doen nie.

  4. I enjoyed reading your testimony today Janine, I had to come and read it after hearing Adina in our meeting. I am glad to read it now. I can relate to you, I have often wanted to take charge of my own problems and those of others. I think about it now, it seems to be our compassion and desire to help mixed with pride that makes us think somehow we can take charge. But what a blessing it is to open our eyes to the truth and know we only have to give all our burdens to our Husband who also wants to carry them for us. I remember for some time I could not even sleep thinking about how to solve this or that, but since I learned to give my burdens to my Lord, I can sleep peacefully.
    ~~~
    Ek het dit geniet om jou getuienis vandag te lees Janine, ek moes dit kom lees nadat ek Adina in ons vergadering gehoor het. Ek is bly om dit nou te lees. Ek kan met jou vereenselwig, ek wou al dikwels beheer neem oor my eie probleme en dié van ander. Ek dink nou daaroor, dit blyk ons ​​deernis en begeerte om te help gemeng met trots te wees wat ons op een of ander manier laat dink ons ​​kan beheer neem. Maar wat ‘n seën is dit tog om ons oë oop te maak vir die waarheid en te weet ons hoef net al ons laste vir ons Man te gee wat dit ook vir ons wil dra. Ek onthou vir ‘n geruime tyd dat ek nie eers kon slaap nie en gedink het oor hoe om dit of dat op te los, maar aangesien ek geleer het om my laste vir my Here te gee, kan ek rustig slaap.

    1. Dankie dat jy dit kom lees het kosbare Anastasia. Ek weet presies waarvan jy praat, dit het my ook baie uit die slaap uit gehou en dis werklik so bevryden om dit vir ons kosbare Liefling Here oor te gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui