Iemand Moes Die Skuld Kry…

"Ek is die Here die God van al die mense. Is iets vir My onmoontlik?" J32:27

In die begin was dit so maklik om my eggenoot te blameer vir al die skuld waarin ek was, want hy het help skuld maak, maar nie gehelp betaal nie en toe hy boonop weier om onderhoud te betaal, het ek hom behoorlik blameer. Later het dit verander in self blaam, oor ek hom vertrou het en dat ek daardeur myself in die gemors gekry het en daardie selfblaam het ek tot nou toe saam met my gedra.

Met die lees van Armoede Metaliteit, Hoofstuk 4 "Waar Het Ek Verkeerd Gegaan?" het ek geleer dat ek myself nie in skuldgevoelens hoef te swelg nie en nog minder moet fokus om iemand anders te blameer. Ek moet eerder kyk na wat God kan doen en op die punt staan om in my lewe te doen wanneer 'n krisis tref. Ek moet die manier waarop ek dink verskuif en onthou dit is sodat die werk van God vertoon kan word, wow is dit nie fantasties nie. So kosbare bruid ek wil jou aanmoedig om saam met my 'n kopskuif te maak en onthou elke krisis is sodat die werk van God vertoon kan word!

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte aangehaal uit Hoofstuk 4, om jou aan te moedig kosbare vrou:

Is dit hardkoppigheid wat veroorsaak dat ons blok wat Hy wil doen? Waarom nie net by ‘n plek van oorgee kom nie, en nie meer tyd mors op wat ons verkeerd gedoen het of om ander te blameer nie? Dit is wanneer ons uiteindelik verstaan dat God nie geïnteresseerd is in ons wat ons foute regstel nie. So hoekom probeer ons altyd iets regmaak wanneer ons Vader of ons Man op die punt staan ​​om op te daag en die onmoontlike te doen as ons alles bloot aan Hom sou oorgee?

Kosbare vrou kom ons hou op tyd mors deur iemand anders of onsself te blameer. Kom ons vertrou ons kosbare Liefling Here om op te daag en die ontmoontlike te doen. Ons moet net alles oorgee aan Hom! En onthou niks, rerig niks, is vir ons kosbare Liefling Here onmoontlik nie!!!

"Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik." L18:27

 

4 thoughts on “Iemand Moes Die Skuld Kry…”

  1. Janine ek wou ook almal blameer vir die situasie en die skuld waarin ek was, maar ek het ook tot die besef gekom deur al die lesse, dat ek moet ophou om ander te blameer vir die situasie waarin ek was. Met hierdie besef het ek weer aan die ander kant van die pad afgeval en gedink ek moet als self probeer regmaak tot ek moeg en uitgeput besef het ek kan nie, ek moet als vir Hom gee, oorgee en vertrou dat Hy, en net Hy, in my situasie kan werk, Hy het nie my menslike hulp nodig nie, maar wel my oorgawe en vertroue in Hom.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, hoe wonderlik en ‘n groot verligting dat ons kosbare Here nie ons hulp nodig het nie, ons moet oorgee.

  2. Liewe Janine,
    Ek was presies soos jy, ek het my AM vir alles blameer! Vandag is ek dankbaar dat God my oe oop gemaak het en my die waarheid gewys het!

    Dankie dat jy vanoggend Armoede Metaliteit, Hoofstuk 4 “Waar Het Ek Verkeerd Gegaan?” gedeel het. Wat ek geleer het uit hoofstuk 4 was dat ek gehoorsaam moet wees aan die klein dinge wat God vir my wys/gee, die dag-tot-dag dinge (baie belangrik) want dit bring my op ‘n plek om Hom op die GROOT dinge te vertrou en te gehoorsaam. In hierdie hoofstuk het die skrywer vertel van haar Visa wat 6 maande sou vat maar binne 25 uur het sy dit gekry en die laaste sitplek op die vliegtuig, dit het my herinner dat God in beheer is dat ‘n mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop (Spreuke 16:9) hierdie is een van my gunsteling verse! Ek het geleer dat wanneer God krisisse in jou lewe toelaat is omdat Hy jou voorberei en om jou uiteindelik te seen (hierdie het vir my baie uitgestaan). Iets waarmee ek nog altyd gesukkel het was WAG, veral omdat ek alles oordink en vanoggend se les het my bietjie laat dink, ek het geleer dat wanneer ons begin stres oor God se tydsberekening en wanneer dit voel of ons uit tyd uit hardloop dat ons net op God moet vertrou en dat Hy doelbewus laat is vir Sy groter glorie (soos wat die skrywer praat van Lasarus). Een ding wat die skrywer ook gese het was dat as sy verkeerd is dat God dit sal regmaak, of Hy sal haar voorberei (hierdie was iets wat ek moes hoor vandag) Ek is ‘n persoon dat wanneer ek ‘n fout maak myself kruisig, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie en vandag het ek net weer besef dat wanneer jy op God vertrou Hy jou die pad sal wys, Hy sal jou voorberei en dat God se genade vir ons genoeg is!

    SPREUKE 16:9 AFR83
    ‘n Mens beplan sy pad, maar die Here bepaal hoe hy loop.

    https://bible.com/bible/6/pro.16.9.AFR83

    Dit was vanoggend lekker om weer die vers uit LUKAS 18:27 te lees, Niks is by God onmoonlik nie! Ek is dankbaar.

    1. Dankie dat jy ook deel wat jy uit die les geleer het kosbare Mila en hoe wonderlik dat ons kosbare Here in beheer is. Ek wou vir so lank net beheer hê, maar dit was so uitputtend as ek nou daaraan terugdink. Ek kruisig myself ook so kosbare Mila, as ek ‘n fout gemaak het, maar ek en Yvonne herinner mekaar altyd dat selfs ons foute nie ons kosbare Here onkant vang nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui