Hy is Fantasties

“U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.” P865

My seun het so paar dae gelede Lewenswetenskap geskryf en hoe dit nou werk met hom in graad 10 is dat die dag wat hy skryf moet die vraestel opgelaai word en daar is 'n skakel waarop ons druk om die dokument op te laai. Die volgende dag is daardie skakel nie meer beskikbaar nie.

Gister toe hy skryf het ons alles ingeskandeer, maar ek het vergeet om dit op te laai en toe ek vanoggend onthou, toe is die skakel rooi en kan ek dit nie meer oplaai nie.

Ek het so sleg gevoel en ek het vir die kinders gevra om saam met my te bid dat die Here genadig sal wees.

Ek stuur toe 'n email om te vra of hulle my sal kan uithelp, maar weereens, hulle instruksies is baie duidelik. Ons moet 'n goeie verskoning hê voor hulle so iets doen en nalatigheid is nie 'n goeie verskoning nie.

Ek sê toe vir my seun, ek voel so sleg en ek is baie jammer en hy sê vir my "Toemaar Mamma, die Here gaan die alles vir goed gebruik."

Ek kry toe 'n email van die dame af en sy verseker my dat dit reeds opgelaai is. Wat? Kan jy dit glo? As my seun nie ook gesien het dat die link rooi was nie, sou ek seker nie my eie oë geglo het nie.

Hoe wonderlik is ons Lieflike Here en Hemelse Vader dat Hy vir ons genade wys al is dit ons wat drooggemaak het.

6 thoughts on “Hy is Fantasties”

  1. Dit klink vir my dit was n wonderwerk 😄 Hy hoor ons 🙌 Beslis geloofsbou 🤩 en ‘n perfekte voorbeeld vir jou kinders hoe wonderlik Hy is 🥳

  2. Ons Geliefde is so goed Yvonne, net gister het ons amper in ‘n probleem in gehardloop met my dogter se Wiskunde vraestel. Ons was vir een of ander rede vas oortuig sy skryf vandag, so gister het sy nog geleer. Maar prys ons Geliefde Here, haar pa bel haar toe gister so teen 12 uur om te hoor hoe het die eksamen gegaan… dis toe ons besef sy moes gister skryf en toe kon sy vinnig skryf en ek kon dit instuur. Het ons gewag tot vandag was dit te laat…. maar ons Geliefde en haar Hemelse Vader het dit als onder beheer gehad!

    1. Wow, Adina, hoe wonderlik dat Hy alles so onder beheer het! Dit is asof Hy vir jou en my wys dat Hy die tuisskool onder beheer het.

  3. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons deel kosbare Yvonne. Wow dit is onbeskryflike liefde dat ons Liefling Here selfs vir ons genade bewys met ons foute en dit selfs omdraai. Dis vir my so pragtig en bemoedigend dat jou seun tot gesê het dat die Here dit vir goed sal gebruik en kyk Hy het.

    1. Dit is Janine, somtyds as ‘n ouer wonder mens of die dinge wat jy vir die kinders sê, vassteek. In tye soos die wys ons Liefste Here vir ons dat Hy ons kinders leer en ons net rustig kan wees en doen wat Hy ons lei om te doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui