Terwyl ek vanoggend se toewyding lees, besef ek net weer niks gebeur pertoeval nie. Dit is nie pertoeval dat hierdie week se oggendtoewyding Psalm 23 is nie, dis alles deel van die Here se plan, die Here se liefde vir ons, die Here se bemoeding vir ons.
Die week het my pa 'n beroerte gehad en my hart was so ongelooflik seer, maar die Here het ons werklik nuwe krag gegee in die middel van die storm. Alles het so vinnig gebeur, maar net so vinnig het my Hemelse Man oorgevat en gewys Wie in beheer is. Dinsdag het my pa vir 'n MRI gegaan wat breinskade gewys het op my pa se spraak gedeelte en dat my pa van vooraf sal moet leer praat en toe ons gister middag by my pa kom, kan hy al sinne praat. sels die dokter was die aand so verbaas. En dit laat my net nou weer besef ons plaas so vinnig ons hoop in 'n dokter, 'n man, of 'n baas in plaas van om al ons hoop in ons wonderlike groot Here te plaas, die Een wat Hoop is, want niks is vir die Here onmoontlik nie. https://www.bible.com/af/bible/6/LUK.1.37.AFR83
My hart loop oor van dankbaarheid dat ons lieflike wonderlike groot Here in beheer is, dat Hy ons siel verkwik, dat Hy ons laat neerlê in groen weivelde en lei na water waar rus is...
Liefste Janine,
Baie dankie vir hierdie bemoediging vanoggend.
Dis sò waar dat ons so maklik ons hoop op mense kan plaas, in plaas van ons Almagtige Here!
Alles ìs in Sy hande!
Ek is sò dankbaar vir wat Hy vir jou pa en jou gesin doen.
Nie nèt is Hy besig om jou pa te genees nie, maar in die middel van die storm het hy rus in Hom gegee.
Dit het my ook weer vanoggend laat dink en weereens nuwe hoop gegee!
Dankie my Here!
U is sò groot in U goedheid, en so goed in U grootheid!
Wow Janine, hoe wonderlik dat jou pa al sover gekom het! Maar natuurlik weet ons hoekom 😉…. want ons weet Wie ons Groot Geneesheer is by wie NIKS, maar absoluut niks, onmoontlik is nie! En Hy gaan 100% genesing bring, vir Sy glorie en vir ‘n getuienis wat ander sal aanmoedig om eerste na hul Groot Geneesheer toe te hardloop en te glo en te vertrou dat Hy kan en wil genees! https://loveatlast.org/ryh/
liefste Janine dit is so wonderlike en ons weet dit n wonderwerk van die Here af dankie dat jy die wonderwerk van die Here met ons deel
Ons wonderlike Here is werklik groot, ek het hierdie week ervaar hoe ons net moet uitroep na Hom, sodra dit voel of ons sink en Hy is daar reg langs ons, om ons hande vas te gryp. Hy is ons Hoop, ek is so baie baie lief vir ons dierbare wonderlike Here.
Wowie! Dis so wonderlik hoe die Here beheer vat en vir ons krag gee wanneer dit voel of ons nie meer voorentoe kan beweeg nie! Ek is so dankbaar dat dit goed gaan met jou pa, soos jy altyd se NIKS MAAR NIKS vang die Here onkant nie!