Hunker Na Die Here

“Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou." J30:18

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 7 "Hunker Na Wie"

God het elke vrou ontwerp om te smag na die soort liefde waaroor ons lees as klein dogtertjies—maar dit kan NOOIT met menslike liefde bevredig word nie. Die soort liefde wat ons nodig het kan net bevredig word met Sy liefde, die agape en onvoorwaardelike liefde wat Hy aan ons bewys het by Golgota. Niks anders sal ons bevredig nie, nog minder ons harte laat sweef. 

Ek was 'n 18 jarige meisie toe ek my eggenoot ontmoet het en moet erken dat ek meer na my kêrel (wat toe later my eggenoot geword het) gehunker het, as na ons kosbare Geliefde Here. Ek was mal oor sprokiesverhale en allerande romanse en dis wat ek gedink het ek saam met my kêrel toe sal hê. Vandag weet ek dat net ons kosbare Geliefde Here werklik vir my daardie onvoorwaardelike liefde het.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om na die Here te hunker en al jou fokus op Hom te plaas. Onthou dis 'n belofte: dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.

2 thoughts on “Hunker Na Die Here”

  1. “Dankie my liewe Janine vir die deel van hierdie les. Trouens, net God kan die begeertes van ons hart bevredig.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui