Hoekom Kyk Ons Dan Met Angs…

"U is vir my 'n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder u vleuels." P63:8 

Vanoggend se My Beminde Oggendtoewyding is so pragtig en het my laat dink hoeveel keer ek in my lewe net nie gedink het die Here is nie daar nie, omdat ek nie gevoel het dat Hy daar is nie. Hoeveel keer gaan ons as vrouens mos net op ons gevoelens!?!

Ek moet erken ek het so paar weke terug vir my vriendin gesê, ek voel nie ek hoor die Here op daardie stadium nie. Terwyl ek nog besig was om vir haar die boodskap op te neem het sy op presies dieselfde tyd hierdie vers vir my gestuur, voordat sy nog geweet het wat ek gaan sê: "Die HERE is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid." P145:18 Toe ek dit lees het ek dadelik vir my Liefling Here gesê dat ek weet dat ek Hom in waarheid aanroep en dadelik het ek Hom weer gehoor en besef dis die vyand wat ons wil laat glo dat ons nie die Here hoor nie en dat dit gebaseer moet wees op ons gevoelens, wat 'n leuen is.

Ek kan getuig dat ons kosbare Liefling Here oor en oor Sy getrouheid aan my bewys het en die skrywer vra dan hoekom ons dan met angs vorentoe kyk. Sjoe dit laat mens nogal dink, ne! Ek kan getuig dat ons kosbare Liefling Here my nog nooit in die steek gelaat het nie, maar ek moet ook erken dat ek al so baie met vrees na die toekoms gekyk het.

Kosbare liefste vrou onthou ons hoef nie net te hoop dat ons Liefling Here vir ons gaan deurkom nie, ons moet glo en weet Hy gaan, want ons Liefling Here is 'n Waarmaker van Sy Woord! So ons hoef glad nie met vrees na die toekoms te kyk nie, want ons hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het. P121:2

Kosbare vrou asseblief onthou hierdie feit: "Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee." J29:11

4 thoughts on “Hoekom Kyk Ons Dan Met Angs…”

  1. Dankie Janine, ek het ook al met tye gevoel asof Hy nie by my is nie, dat ek Hom nie hoor nie, maar Hy is. Elke keer gee Hy my ‘n belofte dat Hy by my is en my hoor en gewys dat ek dalk te besig is om stil genoeg te wees om Hom te hoor. Net hierdie week het Hy my weer twee beloftes gegee dat Hy my hoor as ek Hom met my hele hart aanroep.

    “Die Here is met julle wanneer julle met Hom is. As julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind, maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat. ‘
    2 Kronieke 15:2
    https://www.bible.com/bible/3499/2CH.15.2

    ‘en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor. Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees. ‘
    2 Kronieke 7:14
    https://www.bible.com/bible/3499/2CH.7.14

    1. Dankie dat jy hierdie twee pragtige beloftes met ons deel kosbare Adina, wat ‘n pragtige versekering at as ons die Here soek, sal Hy dat ons Hom vind. ons kosbare liefling Here het nou met my gepraat deur jou boodskap, want ek is ook partykeer so besig, te besig om stil te wees om Hom te hoor en ek moet net rustig saam met Hom gaan sit, presies wat ek nodig het.

  2. Liewe Janine,
    Baie dankie vir hierdie bemoedigende woorde vandag.
    Dis wonderlik dat die Here elke sekonde van ‘n sekonde by ons is.
    Al voel dit soms asof Hy nie by ons is nie, of dat Hy ons nie hoor nie, Hy is altyd daar en Hy luister altyd. En dis so wonderlik dat ons na altyd na Hom kan uitroep en Hom vertrou.
    Dis een belofte wat ek die laaste ruk in my hart dra en nooit weer wil laat gaan nie.

    1. Dankie dat jy met ons deel kosbare Betty, ek is net so dankbaar dat die Here elke sekonde saam met ons is. Ek het altyd so alleen gevoel en gevoel ek gaan versmoor in daardie alleenheid, maar nou weet ek Hy was daar saam my, dit was ‘n leuen van die vyand dat ons Liefling Here my heeltemal verlaat het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui