Hoe lyk tuisskool vir ons in Suid-Afrika

"My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het." P121:2

Party lande het baie vryheid as dit kom by tuisskool en alhoewel ons nie so gelukkig is om te veel vryheid te hê nie, het ons tog 'n groot mate van beheer.

Natuurlik moet die kinders geregistreer word by die staat en ons moet toestemming vra om ons kinders tuisonderrig te gee. Die Here het ons natuurlik deur al die stappe gehelp en jy hoef darem nie elke jaar aansoek te doen nie, net in elke fase. Dit is dan omtrent so 3 keer in jou kind se skoolloobaan.

Jy moet 'n sekere van die kurrikulums volg wat die staat jou gee en die kinders moet op dit geasseer word. Die maklikste is om 'n organisasie te kry om te help hiermee. Daar is baie plekke in Suid-Afrika beskikbaar vir ouers wat wil tuisonderrig gee.

Daar is selfs as jy 'n werkende ouer is, kleiner tuisskooltjies wat jou kan help terwyl jy werk in die dag, wat beteken jou kind hoef nie 'n groot staatskool of duur privaatskool by te woon nie. Daar is soveel opsies, as dit jou begeerte is, vra net jou Hemelse Man en Hy sal jou lei. Dit het nie alles oornag vir my gebeur nie en dit was tydens 'n krisis vir my vorige man dat Hy tuisskool vir my moontlik gemaak het, maar ek word herinner aan die vers wat ek met julle wil deel:

“Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. “Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra, of 'n slang as hy vis vra? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?" M7:7

 

5 thoughts on “Hoe lyk tuisskool vir ons in Suid-Afrika”

  1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Yvonne, ek sal nooit vergeet toe jy na my toe gekom het en gevra het dat ons saam moet bid dat jy jou kan tuisskool nie en ek het dit al voorheen aan jou erken dat ek werklik gedink het dit is onmoontlik, maar nou weer ons kosbare Here spesialiseer in die onmoontlike! En ons het ook al genoem dat dit werklik een van daardie gebede was wat jy net by die Here gelos het en toe jy weer sien het ons kosbare Here geantwoord.

    1. Is so Janine en jy weet ek het nie eens gaan navorsing doen of niks nie. Eers toe die kinders se pa vir my vra of kans sien om hulle te tuisskool, het ek vir die eerste keer gaan kyk wat die opsies is en hoe dit werk 🙂

  2. Dankie dat jy gedeel het Yvonne, ja daar is soveel dinge om ingedagte te hou met Tuisonderrig, maar ons kan natuurlik net op ons HM staatmaak om ons te lei en te help deur al die prosedures.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui