Camille se man het by die huis gekom en gesê dat hy nie gelukkig is nie en dat hy dink dit sou beter wees as hulle uitmekaar gaan en Camille erken toe hulle baklei het dat sy 'n paar keer vir hom gesê om net weg te gaan.
Dis so belangrik dat ons moet dink wat ons sê, want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is 'n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. H4:12 En God se woord sê Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet. S18:21
En dis hoekom dit so belangrik is om nie uit woede te praat nie en te dink voor ons praat, sodat mens nie later spyt is oor wat jy in woede gesê het nie. En ja dis ‘n fout wat baie van ons maak, wel ek weet ek het daardie groot fout gemaak.
“Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.” S31:26
Lees asseblief meer oor “Vriendelike Onderrigting is op Haar Tong” asook “Twisgierige Vrou” – uit Kursus 1 (Herstel Jou Huwelik – ‘n boek wat Camille sê elke getroude vrou moet lees en ek saam met haar stem, want alles is woord gebasseer en lewensveranderend).
Lees asseblief die volle herstelde huweliksgetuienis van Camille, waar sy meer deel oor hoe dit God was wat haar man huistoe gebring het en nie sy nie:
https://uiteindelikhoop.com/herstelde-huweliksgetuienis-god-het-my-aardse-man-huistoe-gebring-nie-ek-nie/