God weet…

"Ek het die goeie wedloop afgelê; ek het die wenstreep bereik; ek het gelowig end-uit volgehou." 2T4:7

Gister oggend het ek met hierdie vers besef dat die 'wenstreep' nie my huwelik is nie, maar God. Ek het God gevind, ek het my wenstreep bereik. Dit het net gebeur, die gevoel wat ek nou het in my hart, die verhouding wat ek met die Here het.

Nadat ek die Vryheid om te laat gaan kursus gelees het (na die 3de keer) en eers na die 3de keer die beginsel van laat gaan gesnap het, het Psalm 37:4 'vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer' vers ook in my gedagtes gekom terwyl ek met God tyd spandeer het, met hierdie vers het ek vir myself gevra wat het my hart regtig begeer?

Ek was so vas gevang in my huwelik dat ek geglo het dat ek NET 'n herstelde huwelik begeer en dat as ek al my vreugde in die Here vind dat Hy vir my 'n herstelde huwelik sal gee, maar God ken my hart dieper, Hy het geweet wat ek regtig begeer het nog voordat my reis begin het. Ek begeer VREDE, ek wou ontslae raak van my depressie, ek wou weet wie EK is (myself vind) en vandag kan ek sê EK HET, ek het VREDE omdat ek 'n verhouding met God het, ek is verlos van depressies want ek het vir God, ek ken myself nou want ek ken God - ek het my vreugde in Hom gevind en Hy het vir my gegee wat my hart regtig begeer!

"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer." P37:4

6 thoughts on “God weet…”

  1. Dankie liefste Mila, een ding wat ek op my reis besef het is dat laat gaan nie opgee is nie, maar eerder om situasies in ons Geliefde Here se hande te los. Dit gee ons die vryheid om op ons verhouding met Hom te fokus en om die las wat ons dra (om dinge in die vlees te probeer doen) vir Hom te gee en Sy juk op te neem wat lig en maklik is.

  2. Wow Mila, wat ‘n pragtige prys. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het. As ek so terugkyk op my lewe sien ek hoe groot fout dit sou gewees as Hy vir my ‘n herstelde huwelik gegee het toe ek so graag een wou hê. Ek is seker my lewe sou soveel anders gewees het en ek dink nie dit sou goed vir my of my eks of my kinders gewees het nie. Hoe kan ons ooit weet hoeveel Hy ons van spaar deur somtyds te sê “Nee” of “Wag”

  3. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons deel kosbare Mila, dis so mooi gestel, ja ons kosbare Here is ons wenstreep. Is dit nie wonderlik hoe die Here ons harte baie beter ken as wat ons dink en eks dankbaar Hy ken ons harte so, want Hy weet presies wat ons nodig het waarookal op ons reis. Ek is so dankbaar wat ons kosbare Here alreeds in jou lewe gedoen het en nog steeds besig is om in jou lewe te doen.

  4. Dis pragtig wat jy deel Mila. Ek dink ons ​​kom met ‘n verwronge mentaliteit van wat ons regtig wil hê en ons siel smag na, dit is net soos wat HY vir my gewys het met betrekking tot die perfekte man wat ons idealiseer en wat aan ons voorgehou is in soveel romantiese flieks (as jy wil) om meer te lees: https:/ /encouragingwomen.org/my-treasure-in-heaven/), gaan dit nie oor die man nie, want hulle is die weerspieëling [Sy skepping] van die skoonheid van ons Here en Sy tere liefde vir Sy bruid . Die vyand was nog altyd ‘n vervalser en neem alles wat mooi is aan ons Geliefde om Hom te korrupteer en ons harte te draai om mense, dinge, drome of begeertes in plaas van HOM te aanbid. Ek prys my Skat, want die seën het uiteindelik uit jou oë geval en jy kan die waarheid sien en verstaan ​​nie net met jou verstand nie, maar met jou hart.

  5. I am so grateful for this PR Mila, it has touched me, the way you feel about Him, the way He gives us hope and Peace; because, I too believed that my final or main heart desire would be fulfilled once I had a restored marriage (I dont have one yet), then HE showed me that He is my Husband and all I need, I have been experiencing that PEACE that only comes from Him too and Im sooo thankful that “I am His and HE is mine.”
    ~~~
    Ek is so dankbaar vir hierdie lof Mila, dit het my geraak, die manier waarop jy oor Hom voel, die manier waarop Hy ons hoop en Vrede gee; want ek het ook geglo dat my finale of vernaamste hartsbegeerte vervul sou word sodra ek ‘n herstelde huwelik gehad het (ek het nog nie een nie), toe het HY my gewys dat Hy my Man is en alles wat ek nodig het, ek het daardie VREDE ervaar wat kom net van Hom ook af en ek is sooo dankbaar dat “Ek is Syne en HY is myne.”

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui