Glo Wat Die Here Oor Jou Sê

"Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig." F4:8 

In Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 13 sê die skrywer ons moet dit 'n gewoonte maak om ieder en elke vraag wat jy oor enigiets het, maak nie saak wat dit is nie, na die Here toe te neem. Sy sê ons moet elke venynige woord ten goede gebruik om dieper tye saam met die Here te spandeer.

Ek het venynige snyende woorde wat aan my geuiter was geglo en dit vir lank saam met my gedra in plaas daarvan om dit na ons kosbare Liefling Here toe te neem en eerder by Hom te hoor wat Hy van my sê en dink. Vandag weet ek dat 'n ander se venynige woorde sy eie seer is en dat dit werklik 'n geleentheid is om dieper tye saam met my Liefling Here te spandeer en ek wil jou kosbare vrou aanmoedig om dieselfde te doen.

Kosbare vrou deurweek jou in ons Liefling Here se genesende liefde, wat al daardie venynige woorde wat oor jou geuiter is kan genees. Moenie glo wat ander oor jou sê nie, glo wat die Here oor jou sê. Op die ou einde maak dit saak wat ons Liefling Here van ons sê en dink, so rig jou gedagtes daarop.

"Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou." S13:17

8 thoughts on “Glo Wat Die Here Oor Jou Sê”

  1. Liewe Janine, ek sukkel ook wanneer wrede en snydende woorde vir my gesê word, veral as dit van my kinders af kom. Hulle is almal in die fase om jong volwassenes te word en kan soms skerp woorde teen my of mekaar gebruik. Oor die laaste paar dae pla dit my al hoe meer en ek het begin voel ek doen alles verkeerd as ‘n ma.

    Ek is dankbaar teenoor my Hemelse Man dat hy jou toegelaat het om hierdie beginsel te deel. Dit help my om my kinders se skerp woorde op ‘n ander manier te hanteer en om hulle onvoorwaardelik lief te hê. Maar veral om my hart op Hom te fokus en te dink oor wat Hy van my dink is ek dankbaar dat Hy my deur die skerp woorde van my kinders weer nader aan Hom wil bring.

    1. Kosbare Hanna dankie dat jy dit deel en is dit nie wonderlik hoe ons alles na ons kosbare Liefling Here toe kan neem nie en Hy presies weet hoe om dit namens ons te hanteer en ek weet die oomblik wat ons dit oorgee aan Hom is Hy klaar besig as hulle Hemelse Vader om in hulle harte te werk.

  2. Dankie Janine, vir lank het ander se woorde nie net my emosies bepaal nie, maar ook wat ek van myself gedink het. Maar hierdie les het my geleer om nie te luister na wat ander van my se nie, maar om na my Geliefde toe te hardloop met als en dit vir Hom te gee en dan vir Hom te vra of dit die waarheid is. As daar wel iets is wat Hy bevestig die waarheid is, dan kan ons Hom natuurlik vra om ons te help om te verbeter en te verander op daardie gebied. Maar as dit nie die waarheid is nie moet ons Sy opinie oor ons omhels en dit glo.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina, vir so lank het ek ook ander se woorde oor myself geglo, oor ek so fyngevoelige mens is, sukkel ek nog soms daarmee en moet dit dan dadelik vir die Here gee, want ander speel ek dit oor en oor in my kop, totdat ons kosbare Liefling Here my herinner om dit oor te gee.

  3. Liewe Hanna,
    Ek het ook vir lank gevoel soos jy. Hoe meer ek daaraan gedink het, hoe meer het dit my hart oorgeneem en gepla.
    Ek het opgegee en oorgegee aan ons Liefste Here.
    Ek moes stilbly wat sò moelik vir my was en soos jy sê, net oonvoorwaarlil liefhê.
    Die Here hèt harte gedraai, myne ook.
    En nèt laasweek kon ek daaroor ‘n lof aan ons Here plaas.
    Hou moed en moenie opgee nie.
    As niemand nòu daar is vir jou nie, Hý is.
    En jy hoef nìks te doen of sê nie want Hy sal dit vìr jou doen!

    1. Dankie kosbare Betty, is dit nie wonderlik hoe ons kosbare Liefling Here daar is vir ons, maak nie saak wat nie en dis so wonderlik hoe Hy ons harte draai en dit net Hy is wat dit werklik kan doen.

  4. Dankie Janine, dit is so maklik om te glo wat ander oor jou sê. Vir al in vandag se tyd, waar dit so maklik is om kommentaar op sosiale media te los en mense nie altyd dink oor wat hulle sê nie.
    Ek het gevind wat vir my werk, is om dadelik dit te vervang met bybelverse. Dit is nie altyd so maklik om te doen nie en ek moet erken partykeer wil ek myself eers so bietjie jammer kry, maar Sy Woord is so kragtig! Ek dink nie ons besef altyd die krag wat ons op die punte van ons vingers het as ons net ons harte met Sy woord vul nie.

    1. Hahaha jy stel dit so mooi Yvonne, ek wil myself ook soms so bietjie jammer kry, totdat dit nie werk nie in plaas van om dit dadelik net oor te gee aan ons kosbare Liefling Here wat weet wat om te doen met enige seer wat ons aangedoen is deur woorde van ‘n ander. En ek stem saam dit werk werklik om dit met bybelverse te vervang.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui