Geseënd

"Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God, hoe magtig hulle almal!" P139:17

Al wat ek kan doen is om in ongeloof te staan oor hoe ons Liefste Here situasies en harte draai.

My verhouding met my seuns het in 'n oogwink verander die oomblik toe ek die situasies in God se dierbare hande gesit het, laat gaan het en stil geraak het.

Alhoewel my oudste seun en sy gesinnetjie saam met my bly, het ek nie 'n idee gehad wàt in hulle lewe aangaan nie en as ek gevra het was ek kortaf geantwoord. Dit het my hart gebreek.

Ek het dit alles vir my Liefste Here gegee en voordat ek nog weer daaroor kon dink het ek "van die ouma wat in die pad was en te veel vra gevra het na die gunsteling ouma" gegaan. En nou geniet ons sò ons tye saam met mekaar.

En bo dit alles het my jongste seun (hy bly 1300km weg) wat ek Desember laas gesien het my vanaand gevra vir raad met sy verhouding met sy meisie! Hoe heerlik was dit nie vir my om hom net God se raad te gee nie! Wees net lief vir haar! En sy antwoord "Dankie mom, jy is eintelik reg". 

Hoop op hoop, dis al wat ek kan sê. By God is die onmoontlike moontlik!

2 thoughts on “Geseënd”

  1. Liefste Betty, dit was vir my nou so lekker om hierdie te lees, ek is so dankbaar saam met jou oor alles wat God doen en hoe Hy situasie en hart (veral harte) in ‘n oogwink kan verander.

    By God is die onmoonlike VERSEKER moonlik! Dit maak my hart so bly om te sien hoe God in jou lewe besig is.

    Filippense 2:13 DB
    Hy is met julle besig as julle voel julle wil iets doen wat Hom gelukkig sal maak, en as julle dit uiteindelik doen, is Hy steeds by julle. Ja, dit is Hy wat so in julle werk.

    https://bible.com/bible/50/php.2.13.DB

    Elke keer wat ek ‘n getuienis lees, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie kry ek hierdie oorvloed van liefde vir God. Hy is so goed! ❤️

  2. Wat ‘n pragtige getuienis kosbare Betty. Is dit nie wonderlik hoe die Here enige situasie kan verander wanneer ons laat gaa nie en dis so kosbaar om te hoor hoe ons Liefling Here besig is om als om te draai vir jou. My hart loop oor van dankbaarheid.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui