Ek Was Impulsief Met Alles

"Maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie." J40:31

Die skrywer van Herstel Jou Huwelik, Hoofstuk 1 sê dat ons nie impulsief moet optree nie.

Toe ek uitvind my eggenoot het ek met alles impulsief opgetree. Ek het glad nie op die Here gewag nie. Ek was so seergemaak en verbouereerd dat ek vir hom sommer 'n nommer gegee het waar hy my vinnig en goedkoop kan skei. Nou dat ek daaraan dink, ek het die ander vrou voor dit gebel en beveel om my eggenoot uit te los. Soos jy kan aflei van die bietjie wat ek nou hier deel, het ek alles verkeerd hanteer, maar ek ek is so dankbaar vir ons kosbare Here se genade wat nou my foute kan gebruik om vir jou wat hier lees te wys dat ons rerig nie impulsief moet wees nie.

Natuurlik het al my impulsiwiteit glad nie goeie gevolge ingehou nie en my eggenoot het my vinnig en goedkoop geskei. Na ek 'n gemors van alles gemaak het, het ek van pastoor na berader toe gehardloop, want iemand moes my kon help, maar let wel hulle kon nie! Ek weet ek was so verkeerd, ek moes net na die Here toe Alleen gehardloop het. Soms wil my impulsiwiteit nog steeds oorneem, maar dan hoor ek ons kosbare Liefling Here se stem agter my, wat vir my sê om nou mooi te dink en op Hom te wag.

Lees asseblief hierdie raad wat die skrywer gee, aangehaal uit Hoofstuk 1:

Moenie impulsief optree nie. God sê gewoonlik, “Wag!” Baie kere as jy wag, verander Hy die omstandighede. God sê Hy is die “Wonderbare Raadsman” (sien Jes. 9:6). Wil jy nie die beste hê nie? Wil jy nie ‘n berader hê wat weet wat die toekoms inhou nie? Een wie eintlik jou man se hart kan versag? Daar is net Een wie vir jou die regte rigting kan wys. Vertrou God en God alleen! Daar is eintlik meer verbrokkelde huwelike in die kerk as in die wêreld, so moenie enige christen, christelike berader of pastoor volg wat vir jou wêreldse raad in plaas van God se raad gee nie.

Kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om met alles na ons kosbare Liefling Here toe te hardloop en op Hom te wag, vertrou Hom alleen!

4 thoughts on “Ek Was Impulsief Met Alles”

  1. Liewe Janine,
    Dankie dat jy hierdie met ons deel.
    Ek was ook impulsief en het sò baie foute gemaak omdat ek nie kennis gehad het van die waarheid nie, nie vir God geluister het nie, en glad nie op Hom gewag het nie.
    Net soos jy, het dit bitter gevolge gehad!
    Maar God se genade is elke oggend nuut en net deur Hom kon ek rustig raak.
    Alles is reeds in Sy hande en ons moet net oorgee en posisie inneem.
    Al probeer ons om self te “fix” of ander mense se hulp te kry om te “fix” sal dit net tydelik wees.
    Net by God is genesing permanent.
    Ek sukkel nogsteeds met wag, maar soos jy sê, ek hoor Sy stem elke dag duideliker agter my.
    Ek moet elke keer nadat ek nie gewag het nie, en as ek Sy stem hoor, omdraai en jammer vir Hom sê omdat ek weer oor wou neem.
    Vandag is my dag in Sy hande, my lewe is in Sy hande, my finansies is in Sy hande en my gesin is in Sy hande!
    Mag Sy wil vandag in my lewe geskied!

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Betty, is dit nie wonderlik hoe ons kosbare Here se genade elke oggend nuut is nie, ek is so dankbaar daarvoor. Ek weet presies wat jy bedoel, want ek moet ook elke keer jammer sê oor ek oor wou neem. Jy het dit so pragtig gestel, dankie kosbare Betty.

  2. Ek het ook vir my voormalige man nommers van prokureurs gegee om my te skei Janine. Sjoe, as ek nou terugdink aan al die impulsiewe goed wat ek gedoen het kan ek nie glo dit was ek nie, dit voel of dit iemand anders was wat so opgetree het. Maar gelukkig het Hy ingetree en my gered van myself en my op die Pottebaker se Wiel gesit om genesing te vind en ook ‘n “make-over” te kry.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel kosbare Adina, ek kyk ook terug en vra sjoe was dit ek. Ja is dit nie wonderlik hoe ons kosbare Here ons gered het van onsself nie! En my “make-over” is nog nie naastenby klaar nie, maar ek is klaar mal oor wat ons Liefling Here besig is om te doen.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui