Ek Is Nie Net ‘n Ma Nie…

"'n Vrou kry swaar wanneer haar tyd gekom het en haar kindjie gebore word. Maar wanneer die kindjie gebore is, dink sy nie meer aan die pyn nie, so bly is sy dat daar 'n mens in die wêreld gekom het." J16:21

Dit is regtig so 'n groot seën om 'n ma te wees!

My oudste seun het by die huis gekom en my gegroet: "Hallo MY MA." Later het ek vir my jonger seun gevra of hy genoeg het om te eet waarna hy geantwoord het: "ja dankie MY MA."

So ek is nie net 'N MA nie, EK is HULLE MA, hoe spesiaal is dit net nie!!! En ek geniet elke oomblik om hul ma te wees.

Ek het hier gesit en luister na die pragtige gesprek van Erin: "Geniet Jou Kinders" (en as jy nog nie daarna geluister het nie, luister asseblief, dis pragtig), en gedink aan hoe dit regtig 'n seën is om 'n ma te wees. Ja, daar was 'n tyd wat alles so oorweldigend gevoel het, toe ek gedink het hoe ek dit alleen gaan doen, maar ons kosbare Liefling Here was reg langs my, so ek het dit nie alleen gedoen nie.

Kosbare vrou ek wil jou regtig aanmoedig om jou kinders te geniet. Moenie so vasgevang wees in jou eie seer dat jy vergeet om die tyd saam met jou kinders te geniet nie. En ek moet erken ek was baie keer so vasgevang in my eie seer en dis tyd wat ek nie terug kan kry nie. Eendag gaan jy ook soos ek terugkyk en dink, sjoe tyd het te vinnig verby gegaan en nou is my kinders groot...

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui