"Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.” M10:39
Lees asseblief hierdie gedeelte uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 2 "Vind Jou Lewe":
Wat doen jy wanneer jou wêreld in duie stort?
Dié liedjie, wat ek lief is om te sing, sê, “En selfs as my wêreld in duie stort sal ek sê...Bo ALLES lewe ek vir U glorie!!”
...Ek het geweet dat God volkome in beheer was en maak nie saak wat gebeur het nie, die Here was al wat ek nodig gehad het, en Hy was al wat ek wou hê. Deur my liefde en vertroue in Hom, het ek geweet, my wêreld wat in duie stort, sou gebruik word om glorie aan God te gee.
Toe my wêreld in duie stort (na my eggenoot my jare gelede die eerste keer gelos het) het ek desperaat alles probeer "fix" en natuurlik uitmekaar geval, want ek was dan besig om my hele lewe te verloor - my huwelik.
Ek het op stadiums gevoel God straf my en as ek nie dit gedink het nie, het gedink my eggenoot was totaal en al besete wat veroorsaak was deur die ander vrou. Boonop het ek nie gedink dat God in beheer is nie, ek het dan gedink my eggenoot is in beheer van die situasie en doen alles om my seer te maak oor sy groot haat teenoor my of laat ek eerder sê ek het gedink die ander vrou beheer die hele siutasie. (Jy kan seker aflei my hele wêreld was in chaos).
Ek het gedink as ek my lewe verloor (die lewe wat ek gedink het ek so nodig het), dat ek beslis nie "ok" sou wees nie. En bygesê ek was nie bereid om daardie lewe te verloor nie, ek wou nie 'n enkel ouer wees nie en boonop nog die skande van geskei wees op so jong ouderdom...
En as jy toe vir my gesê het dat ek hierdie woorde eendag gaan sê, sou ek blatant gesê het: NOOIT OOIT NIE! Maar hier is ek en ek gaan dit nou sê: Ek is dankbaar dat my wêreld in duie gestoor het en sommer al 'n hele paar keer in duie gestort het, dit was nodig gewees. Ek is dankbaar dat my Liefling Here my ken en presies geweet het wat nodig was om my tot die punt te kry dat ek bereid sal wees om my lewe te verloor vir Sy glorie.
Vandag kan ek eerlik sê ek is meer as "ok" want ek het Hom en hierdie lewe wat ek nou saam met Hom het, wil ek vir niks of niemand verruil nie en dit was die moeite werd, om die lewe wat ek gedink het ek nodig het, te verloor.
So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om ons kosbare Liefling Here te vertrou. Hy is in beheer en het alles onder beheer. Jou wêreld wat dalk nou in duie stort gaan Hy ook vir Sy glorie gebruik en jy gaan ook meer as "ok" wees.
Dankie liefste Janine, ek kan so baie van jou reis sien in myne. Ek het al dieselfde foute gemaak en ook gedink my eks man was in beheer van die situasie en het als in die vlees probeer om dinge reg te maak. Maar dit het als net vererger. In plaas daarvan om te laat gaan het ek vasgehou vir lewe en dood. Ek is so ontsaglik dankbaar dat ek daardie chaotiese lewe verloor het vir ‘n lewe van vrede saam met my Geliefde Here wat my nooit sal verlaat of versaak nie.
Ek is net so dankbaar kosbare Adina, want sjoe my lewe was omtrent chaoties, gevul met so baie onsekerheid. En hierdie vrede saam met Hom maak op vir alles.
Janine, ek lees jou, en dis asof ek self lees.
Ek het nooit geglo dat wanneer my lewe uitmekaar val, ek ‘n lewe by die Here kon vind nie. Ek het gedink dat alles verby is, dat ek nooit weer sin sou vind nie, en nou amper 3 jaar later, kan ek sê dat my lewe nooit weer dieselfde sal wees nie, want ek het my Geliefde en ek het RMI.
En die wete dat dit Hy is wat in beheer is gee ons elke dag krag, en neem die pyn en die leuens van die vyand weg.
Dankie, mooi, want deur jou te lees, weet ek dat ons almal op dieselfde pad is, en dat Hy ons onvoorwaardelik liefhet.
Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza. Jy is so reg ons lewe sal nooit weer dieselfde wees nie juis oor die feit dat ons Hom het en Hy maak alles so die moeite werd. Ek is so ongelooflik dankbaar vir Sy ewigdurende liefde wat alles verander!