Ek Het Meer Van Hom Nodig Gehad

"Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die Here jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God. Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader.J54:6-7

Lees asseblief hierdie gedeelte uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 1 "Wat is die Oorvloedige Lewe":

As jy seer het, as jy uitmekaar val, as jy ontsteld of bang is, dan het jy meer van Hom nodig. Kosbare een, meer van Hom is nie te vinde daarin om oor Hom in jou Bybel te lees nie, om Bybelverse aan te haal of die duiwel tereg te wys nie. Dit word in intimiteit met Hom gevind.

Toe my eggenoot my jare gelede die eerste keer gelos het, het ek nie net met 'n ongelooflike seer hart rondgeloop nie, ek het uitmekaar geval. Ek het gebid, bybel gelees en bybelverse aangehaal soos nog nooit te vore nie, maar wat ek in werklikheid die meeste nodig gehad het, was met van Hom, 'n werklike intieme verhouding met ons kosbare Liefling Here.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om werklik 'n intieme verhouding met ons kosbare Liefling Here na te streef. En die les sê dit beteken nie dat jy nie meer jou Bybel moet lees nie, want dis is jou liefdes briewe en beloftes van Hom af lees nie en dit beteken nie dat jy nie Bybelverse aanhaal nie, want dit hernu jou gedagtes en dit beteken ook nie dat jy ophou bid nie, maar jy moet begin om te bid deur jou hart en seerkry met Hom te deel en los wat deur Hom gedoen moet word, sodat Sy wil geskied want Hy weet presies wat Hy doen.

Desember maande was altyd my seerste maande, juis oor ek so uitgemekaar geval het, maar die oplossing was dat ek meer van Hom nodig gehad het. En vandag kan ek dankbaar sê Hy het my seer genees en Desember tye is nie meer seer nie. So kosbare vrou as jy uitgemekaar val, onthou dat jy meer van Hom nodig het.

2 thoughts on “Ek Het Meer Van Hom Nodig Gehad”

  1. Liewe Janine, om nader aan Ons Geliefde te wees is wat ons pyn wegneem. En deesdae is ook vir my moeilik, maar as ek op Hom fokus, voel ek in vrede, en deesdae het Hy vir my ‘n lied gegee wat my vul en waar ek deur dit te sing meer verenig voel met my Geliefde.
    Dankie skat, vir die deel.

    1. Ja kosbare Liza, ons kosbare Liefling Here is beslis die oplossing vir die seer. Ek het in my eie lewe gesien as ek my oë net vir ‘n sekonde van Hom afhaal dan verloor ek fokus en daarom mag ek nie eens vir ‘n sekonde my oë van ons Liefling Here afhaal nie.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui