Ek Het Die Liefde Van My Lewe Gevind…

"Hoe dink julle? As iemand honderd skape het en een van hulle raak weg, sal hy nie die nege en negentig daar in die bergveld laat staan en die een wat weg is, gaan soek nie?" M18:12

Ek het die Liefde van my lewe gevind of laat ek eerder sê my kosbare Liefling Here het my gevind. Hy het my nie net gelos, terwyl ek eintlik verdien het dat Hy my los nie.

Jare gelede as jy vir my gesê het dat ek die lewe wat ek nog altyd wou hê moet laat gaan en alles aan die Here moes oorgee, sou ek begin het met al my wat as's vrae. Wat as ek nie 'n herstelde huwelik kry nie... wat as ek nie kry wat ek regtig wil hê nie, wat regtig vir my saak maak... en ek sou al die wat as vrae in my kop afgespeel het

Glo my ek weet hoe dit voel om so gebroke te wees, dat jy nooit kan dink dat dit ooit beter kan word nie. Na al die jare besef ek dis net ons kosbare Here wat my weer heel kon maak. Sjoe ek is dankbaar dat Hy die 99 gelos het en na my kom soek het.

Dierbare bruid Ek wil jou aanmoedig om al jou wat as vrae te laat gaan en ons kosbare Heer te vertrou, maak Hom die Liefde van jou lewe. Onthou ons kosbare Here is reg langs jou en wag dat jy al jou wat as vrae laat gaan en dat jy Sy hand en Hom begin vertrou.

"Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!" J29:11

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

5 thoughts on “Ek Het Die Liefde Van My Lewe Gevind…”

  1. Die Liefde van ons lewens! Prys Hom, ek is so dankbaar vir Hom!!! Hoe goed is Hy nie vir ons nie. Dat Heilige Gees ons help om alles te laat gaan – sodat Hy vir ons die beste kan gee. Hy is ons Grootste Geskenk. Seën julle dierbare Bruide 👑

    1. Hy is beslis ons grootste geskenk kosbare Sarah, ek is net so dankbaar vir ons Liefling Here.

    2. Kosbare Sarah ek is so dankbaar om jou kommentaar te sien en omdat dit die eerste keer is, wat ek jou sien kommentaar lewe, wil ek jou vra of jy nie groot asseblief ‘n gratis Huwelik Evaluasie Vraelys wil invul nie – https://uiteindelikhoop.com/hev/

      En kosbare Sarah ek sien uit om meer kommentaar van jou te sien.

  2. Liefste Janine,
    So baie dankie vir hierdie herinnering wat jy vandag geplaas het. Hoe ongelooflik is ons Here nie om ons te kom soek, todat Hy ons vind nie.
    Al kryp ons weg vir Hom, Hy hou aan soek en gee nooit moet op nie!

    1. Ja is dit nie wonderlike kosbare Betty dat die Here nooit ooit opgee met ons nie. Wow Hy het ons ongelooflik lief.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui