"Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie." K3:23
Lees asseblief hierdie gedeelte uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 3 "Die Liefde Van My Lewe":
Wanneer hulle getrou aan die Here is en aanhou om net agter Hom aan te hardloop, sal hulle straal met die glans van ‘n nuwe bruid solank as wat hul getroud is! En solank as wat hulle die Here agternasit, en nie hulle mans nie, sal hulle mans hulle agternasit (maar hulle nooit verbysteek nie) omdat hulle harte gevestig sal wees op Jesus! En as hulle hul harte na hulle mans toe draai, sal hulle mans verseker hul harte wegdraai om ander dinge na te jaag (die wêreld, ‘n AV, stokperdjies, buite vriendskappe of werk).
Terwyl ek hierdie hoofstuk gelees het, het ek besef hoe ek die verkeerde een se hart nagejaag het jaar na jaar. Alhoewel ek verskriklik baie foute gemaak het, was dit vir my ongelooflik belangrik om my eggenoot se hart teruggedraai na my toe te kry, so erg dat dit later 'n obsessie vir my geword het. En hoe meer ek dit wou hê, is dit asof dit my grootste struikelblok geword het, want hoe minder het ek sy hart teruggedraai na my toe gekry. En dit het my ongelooflik lank gevat om tot daardie besef te kom, maar weet ook dat ons kosbare Liefling Here dit alles ten goede gebruik.
Kosbare vrou hardloop agter die Here aan, moenie die foute maak wat ek gemaak het nie. Die skrywer sê dat sy glo dat as vrouens ophou om mans agterna te sit, dat mans ongemaklik sal begin word en dat dit wat hulle agternasit in die wêreld nie meer dieselfde opwinding sal hê nie (iets tot nadenke wat mens werklik laat dink).
Lees asseblief ook hierdie pragtige gedeelte uit die Hoofstuk uit:
Ek glo ook as ons kosbare Beminde weet dat Hy ons harte het, Hy met genoeë sal begin om die harte van ons mans terug te draai na ons toe en hulle sal warm op ons spoor wees! Ek het dit in my eie lewe gesien gebeur, asook in die lewens van die dames in ons kerk wat hierdie kragtige konsep begin verstaan en uitleef!!
Elke keer voel ons daardie groter liefde vir Ons Geliefde. En ek het ook baie foute gemaak, maar Hy het nie net sy blik na ons gerig nie, maar Hy laat ons toe om Hom lief te hê en Hom te soek met ons hele hart.
Om so naby aan Hom te wees, maak ons minder behoeftig en meer rustig wanneer ons so vinnig na Hom toe hardloop.
En die vreugde wat ons voel om Hom as Ons Liefde te hê, laat ons skyn soos die les sê.
Dankie, pragtige Janine, dat jy deel hoe nodig ons Hom het.
Dankie dat jy kom deel het kosbare Liza, ja ons het Hom so nodig, ek weet net niemand kan my die vrede en rustigheid gee soos Hy dit vir my gee nie en niemand kan my vervul soos Hy dit doen nie.