Ek Gee Oor, Maar Vat Dit Weer Terug

"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” S3:5-6

Na die lees van Vind die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 10 het ek geleer dat as ons sukkel om iets oor te gee en oorweldig en bang voel, dat ons dit weer en weer en weer moet oorgee.

Ek besef nou wat voorheen my fout was, as ek oorweldig en bang gevoel het en gesukkel het om iets oor te gee, dan het ek sommer net heeltemal opgegee in plaas daarvan om dit net weer vir ons kosbare Liefling Here te gee. Dis werklik 'n gewoonte wat ek moet aanleer dat as ek dit oorgee aan die Here, moet ek dit by Hom los, ek hoef niks te oordink of uit te redeneer nie.

Lees asseblief hierdie pragtige gedeeltes aangehaal uit Hoofstuk 10 "Oorgawe":

Oorgawe is die pad na die oorvloedige lewe en daarom is dit iets waarmee ons sukkel. Oorgawe beteken eenvoudig om beheer op te gee van en om ons bestemming in die hande van iemand anders te plaas. Maar, solank ons enige beheer oor enige aspek van ons lewens handhaaf, verloor ons die geleentheid vir ware vryheid, die vryheid wat vreugde en vrede bring.

Die waarheid is—dink en redeneer sal uiteindelik lei tot kommer en vrees, wat tyd en energie wegneem van jou verhouding met die Here. Hy het keer op keer vir my gesê dat Hy nie ‘n vrou of ‘n helper nodig het nie—Hy is volkome. Waarna Hy hunker is ‘n bruid wat nie gestres en verteer is deur probleme nie.

Kosbare vrou kom ons hou op om alles so te oordink en uit te redeneer en alles wat ons oorwelding, nog vandag nog aan ons kosbare Liefling Here oor te gee. 

10 thoughts on “Ek Gee Oor, Maar Vat Dit Weer Terug”

  1. Ek herken ook hierdie stryd in my lewe, om alles elke dag weer en weer in Sy hande te plaas. Omdat ek in die huis woon waar ek altyd saam met my gewese man gewoon het, is daar baie herinneringe aan my huwelik met hom. My Hemelse Man het my geleer om baie dinge te laat gaan, maar tog is daar herinneringe. Elke keer as ‘n herinnering kom moet ek dit los en vir Hom gee.
    Aan die begin van my huwelikskrisis en vandag nog, het Hy my getroos met die volgende teks uit Psalm 68:23 wat sê: ‘Ek sal hom terugbring’ en met die teks uit Psalm 91:15

    Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see; Psalm 68:23 https://www.bible.com/bible/5/PSA.68.AFR53

    Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee. Psalm 91:15
    https://www.bible.com/bible/5/PSA.91.AFR53

    Hierdie tekste verseker dat ek altyd kan los en dit in Sy hande kan plaas en die oorvloedige lewe saam met Hom kan geniet. Hy het alle dinge in Sy hand en sal die beloftes op Sy tyd vervul.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Hanna en dat jy ook die pragtige beloftes deel. Ek is so dankbaar dat ons dit alles in ons kosbare Liefling Here se hande kan plaas. Ek kan dink daar is baie herinneringe en in die begin was herinneringe ongelooflik seer vir my, maar ek is so dankbaar dat ons kosbare Liefling Here genesing bring waar daar seer is. Ons kosbare Here is werklik besig om my te leer dat Sy tyd die beste is.

  2. ‘Challenge accepted’ 😀
    Hierdie week gaan ek probeer om nie dinge te oordink nie en regtig net alles oorgee vir ons liefling Here.
    Dankie dat jy hierdie les gedeel het Janine! Weereens my net herinner dat God altyd daar is en dat jy jou laste altyd vir Hom kan gee.

    1. Jy sit so groot glimlag op my gesig hoe jy dit stel kosbare Mila, ek kan my net indink hoe ons Liefling Here ook glimlag. Hierdie stukkie is werklik iets wat ons almal, insluitende ek, moet onthou: “Die waarheid is—dink en redeneer sal uiteindelik lei tot kommer en vrees, wat tyd en energie wegneem van jou verhouding met die Here.” En ek moet erken elke keer wat ek iets oordink of uitredeneer lei dit tot kommer en vrees, en beslis tyd en energie wat ek eerder saam met die Here kon spandeer het.

  3. Dankie Janine, dit is net so moeilik vir my om net oor te gee en nie dinge te oordink nie of my probleme terug te vat nie. Dankie dat jy my herinner het aan die pragtige hoofstuk.

    1. Dit is vir my ook soms moeilik kosbare Yvonne, net ‘n bewys ons moet dit nie sonder ons kosbare Liefling Here aanpak nie.

  4. Baie dankie liewe Janine.
    Hoe kan ek dit vanoggend stel?
    Ek moet erken, dis so moeilik vir ons om oor te gee en nie in beheer te wees nie en soos jy sê, dit lei net na bekommernisse en dit terwyl die waarheid so duidelik vir ons is – dat ons oor moet gee, want dan kry ons vrede omdat dit in die beste hande ooit is.
    Want ons weet Hy sàl ons nooit verlaat nie, Hy hèt vir ons planne van voorspoed en nie teenspoed nie.
    Ons moet net uit Sy pad vir Sy planne vir ons kom en Hom toelaat om Sy wil vir ons te gee.
    En te glo met hart en siel!

    1. Ja kosbare Betty, dis net ‘n besluit wat ons moet neem dat ons dit in ons kosbare Liefling Here se hande gaan los want elke keer wat ek dit terugvat raak ek oorweldig en vrees. En as ons dit terugvat, want ek erken ek doen dit, dan moet ons dit net weer en weer vir ons Liefling Here gee.

  5. Oorgawe was aan die begin van my reis baie moeilik, en ek sou baie vinnig weer die situasie wou terugvat, veral as dit bietjie lank gevat het. Maar ek so dankbaar dat ek sover op my reis kon leer om oor te gee, te laat gaan en net te vertrou dat my Geliefde Here dit het en Hy sal doen wat net Hy kan doen, maak nie saak hoe lank dit vat nie. Ek steek partykeer nog steeds my hande uit om die situasie te wil terugvat, maar dan herinner my Geliefde my om dit uit te los.

    1. Dankie dat jy dit met ons deel kosbare Adina. Dit laat my dink aan hierdie belofte: “En jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.” J30:21
      Ons kosbare Here is beslis die stem agter ons wat sê los dit nou in My hande.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui