Draaie

"Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die HERE. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê." J29:11 

My Liewe Here maak my paaie vir my gelyk en draai elke situasie waarin ek beland ten goede.

Ek was in 'n baie slegte situasie en ek het eerlikwaar nie geweet hòe ek daaruit gaan kom en wàt om te maak nie. En terwyl ek vir dae besig was om daaroor te sit en top het God my pad vir my gelyk gemaak, 'n draai in my situasie gemaak wat ek nie gedink het is moontlik nie.

Ek het nog nie eers die moed gehad om regtig met my Liefste Here daaroor te praat nie, want ek was te besig met myself maar Hy het geweet wat ek nodig het!

Ek loof en prys Hom vir Sy liefde en teemwoordigheid in my lewe!

'n Baie jong dame het so maand terug vir my gesê "weet jy, as ek nie my dag saam met die Here begin nie en nie saam met Hom stap nie, is niks in orde nie". Sulke waar woorde!

Ek is dankbaar dat ek elke dag saam met die Here kan ingaan en saam met Hom kan stap, ongeag hoe èk voel en watter beproewings en versoekinge oor my pad kom. Hy is altyd saam met my en àltyd reg om 'n uitkoms te gee.

4 thoughts on “Draaie”

  1. Dankie dat jy hierdie pragtige getuienis met ons kom deel het kosbare Betty. My hart loop oor van dankbaarheid oor wat ons Liefling Here besig is om te doen in jou lewe. Is dit nie wonderlik hoe ons Here als wat vir ons sleg bedoel is, omdraai ten goede nie!

    Hierdie week was so aaklige week by my buite werk en ek het nodig gehad om jou getuienis te lees, net ‘n herinnering weer dat ons Liefling Here vir ons beslis planne van voorspoed het, so Hy is alreeds besig om dit wat die week gebeur het by my werk (iemand het my en ‘n ander vrou genomineer vir ‘n toekenning oor ons ‘n paar mense se werk doen, maar toe word my naam afgehaal, terwyl ek weet ek het net so hard gewerk en dit het my so seer gemaak), maar ek weet die Here gaan dit vir my goed omdraai, Sy planne vir my is beter.

    “Julle het my wel kwaad aangedoen, maar God het die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is…” G5:20 https://www.bible.com/af/bible/117/GEN.50.20.NLV

  2. Betty, baie dankie vir jou dierbare prys. Ek stem saam met die dame wat gesê het: “weet jy, as ek nie my dag saam met die Here begin nie en nie saam met Hom stap nie, is niks in orde nie”

    Ek kan beslis daarvan getuig. En selfs as dinge skeefloop en ek het my dag met Hom begin, dan voel dit nie so erg soos dit andersins sou gedoen het nie.

  3. Liewe Janine. Ek is sò jammer daaroor. Al sou dit aangenaam gewees het om daardie toekenning te kry, maak dit nie regtig saak hoe die mense voel en wat hulle dink nie want jy het klaar God se liefde en goedkeuring. En dis al wat saakmaak.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui