Dit Wat Vir My Die Belangrikste Was, Het Verander…

"Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. Ek wil by U in die heiligdom wees om daar u mag en grootheid te ondervind. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys." P63:2-4 

Ek is mal oor die karritte saam met my Liefling Hemelse Man. Terwyl ek gery het, het my Man my gevra wat vir my belangrik is met betrekking tot Sy bruide by RMI.

Ek moet gou eerlik wees, 'n paar jaar gelede sou ek geantwoord het dat die bruide herstelde huwelike kry, want dit was vir my die belangrikste. Maar ek het 'n ander antwoord gegee: 'n ware intieme verhouding met ons Liewe Kosbare Here en om werklik Sy bruid te word.

Dit is my gebed vir elke bruid hier by RMI en liewe vrou wat die Here nog hiernatoe gaan stuur. Toe herinner my Liefling my dit is hoekom Hy ons laat wag, en dit is dan dat ons ook die superkrag van wag leer en dit is in daardie tyd dat Hy ons begeertes verander om Hom te behaag. "Want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer." P2:13 Sjoe en al die jare het ek gevoel ek wag te lank, maar Hy het 'n groter rede gehad en dit was net Hy wat my begeertes kon verander. Is Hy nie net die Beste nie!!!

Liewe kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om werklik die verhouding met ons kosbare Liefling Here die belangrikste ding in jou lewe te maak, vertrou my as ek sê niks kan vergelyk word met Sy ewigdurende liefde vir ons nie. (En natuurlik glo ek dat ons kosbare Here nog steeds huwelike wil en gaan herstel, dis net Wie Hy is, maar Hy moet Eerste wees, so maak Hom jou Eerste Liefde en kyk hoe Hy jou hele lewe verander).

"Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. P37:4

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

4 thoughts on “Dit Wat Vir My Die Belangrikste Was, Het Verander…”

  1. Dankie Janine. Jy is reg. Ek sou seker dieselfde ding gevra ‘n paar jaar gelede, maar ek stem saam met jou. Wat elke vrou nodig het is ‘n intieme verhouding met Hom en dan sal alles in plek val.

    1. Ja kosbare Yvonne, dan val alles net in plek in. ‘n Intieme verhouding met ons kosbare Here is onvervangbaar.

  2. Ek stem saam met jou Janine, karritte saam met ons liefling Here is my gunsteling!

    Ek ry saam met my werk, wat beteken ek is nooit die enigste persoon in die kar nie so ek kon nie in die oggend tyd saam met God spandeer nie, 3 jaar terug sou iets soos alleen ry my nie opgewonde gemaak het nie. Die vrou saam wie ek ry in van Woensdag af op verlof wat beteken ek gaan dan met die werkskar ry – ALLEEN, niemand anderste behalwe ek en God nie. Ek is opgewonde vir ons “bonding” tyd.

    Ek het myself die 14de May 2024 in ‘n diep gat gevind ek het gesukkel om daar uit te kom, ek het geestelik so swak gevoel, gevoel of ek my geveg verloor het (dames, moenie op jou eie insigte staat maak nie – Spreuke 3:5 wees net stil en laat God vir jou veg – Eksodus 14:14) maar vandag staan ek weer op en ek probeer van voor af. Ek wil vir God tevrede stel.

    PSALMS 62:8 AFR83‬
    [8] God is my redding en my krag. Hy is my rots, my sterkte, God is my toevlug.

    2 KORINTIËRS 12:9 AFR83‬
    [9] Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.

  3. Eks so bly om jou weer hier te sien kommentaar los kosbare Mila en jy stel dit so mooi, julle “bonding” tyd en ek weet sommer jy gaan nog getuienisse daaroor kom los.

    Ek sit hier met trans in my oë, ek is so jammer dat jy jouself in so diep gat gevind het, maar so so dankbaar dat jy weer probeer en jy gaan nie spyt wees nie, Hy is werklik ons krag.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui