Die Pienk Bome

"Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie." R120

Aan die begin van die winter is daar sulke pragtige pienk bome wat blom hier by ons in Pretoria. Daar is nie baie van hulle nie, maar soos ons af ry in die een straat wat so half op 'n afdraande is, sien jy 'n klomp bome in die verte wat immergroen is, maar tussen die bome, is daar so 2 of 3 van daai pienk bome.

Elke Dinsdag as ons ry, sien ons die pienk bome in die verte en die een dag toe lewer my dogter kommentaar oor hoe mooi dit lyk as hulle so tussen die ander bome uitstaan. Ek gebruik toe die geleentheid om vir hulle te vertel dat ons so moet uitstaan in die wêreld dat mens op 'n afstand sal kan sien dat ons anders is as die wêreld.

My dogter maak toe 'n grap en sê sy sal nou nooit aan die bome anders kan dink as Christen bome nie. Dit was vir my so oulik om by haar te hoor, want sy kla soms dat ek alles in 'n les verander as ons gesels. Ek moet sê ek vermoed dit is as gevolg van die tuisondderig dat ek dit doen sommer om te dink. Natuurlik is dit my Man wat die kinders leer, maar ek voel so bevoorreg om die een te wees wat die mondstuk kan wees.

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

7 thoughts on “Die Pienk Bome”

  1. Wow wat ‘n pragtige illustrasie van die pienk bome hier in die stad, wat juis so pragtig is. Elke keer as ek verby die “Christen Bome” (so oulik) ry, gaan ek onthou ons moet uitstaan.

    1. Janine dit is altyd lekker om dinge uit kinders se oë te sien. Ek dink ons moet meer so na dinge kyk.

      1. Ek stem heeltemal saam met jou, ons moet meer so na dinge kyk, soos ‘n kind wat net onvoorwaardelik glo ook.

  2. Dankie dat jy dit met ons deel Yvonne. Dit is so mooi boodskap. Ek verlang na daai pienk bome, dit is nou nie iets wat mens hier in Engeland sommer sien nie, veral waar ek bly, is alles net groen. Maar dit leer my ook om uit te staan soos daai pienk bome.

    1. Hi Elora, ek moet bely dat ek nie geweet het dat jy in Engeland bly nie. Dit is lekker om van iemand te hoor in ‘n ander land wat Afrikaans praat. 💖 Ek moet regtig meer na die Afrikaans toe kom om almal te leer ken.

  3. Es una hermosa comparacion Yvonne y gracias.por compartir esa imagen.Como dices, debemos destacar, entre los demas , porque El es nuestra Luz, y como nos ilumina asi debemos iluminar e irradiar esa Luz a los demas.
    ~~~
    Dit is ‘n pragtige vergelyking Yvonne en dankie dat jy daardie beeld deel Soos jy sê, ons moet onder andere uitstaan, want Hy is ons Lig, en soos Hy ons verlig, moet ons daardie Lig verlig en uitstraal na ander.

    1. Dankie dat jy ‘n kommentaar hier op die Afrikaans kom los het kosbare Liza. Jy stel dit so pragtig van dat Hy ons Lig en ja beslis soos Hy ons verlig moet ons daardie Lig uitstraal na ander.
      ~~~
      Gracias por dejar un comentario aquí sobre la preciosa Liza en afrikáans. Lo expresas tan bellamente que Él nos ilumina y sí, ciertamente, mientras Él nos ilumina debemos irradiar esa Luz a los demás.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui