Die Here Wil Ons Help

“My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie." P121:2-3

Lees asseblief hierdie pragtige gedeelte aangehaal uit Vind Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 8 "Na Wie Luister Jy?"

Liewe vriendin, waarmee jy ookal sukkel (jou tekort aan diskresie, jou mond, jou emosies, of enige ander area waarmee jy te doen het), jou Bruidegom wil jou daarmee help. Hy wil nooit hê jy dat moet sukkel deur jou laste te dra wat jy opgetel het nie of beswaring wat iemand op jou afgelaai het nie. Instede, gee dit vir Hom om vir jou te dra. Dit sal jou arms wyd oop los om Hom te omhels met die waardering en liefde wat Hy verdien en hunker om van jou te ontvang!

Ek moet erken ek skiet nog so baie te kort en hierdie gedeelte het my nou so geraak. Wat 'n wonderlike versekering dat ons Geliefde Here ons wil help. Ek probeer so baie keer self die las dra en let wel ek sê probeer, want ek kry dit net nie reg nie, dit oorweldig my en dit terwyl Hy by my is en wag om die las by my oor te vat. En dan moet ek ook getuig elke keer wat ek my laste vir ons Geliefde Here gegee het, het Hy dit vir my uitsorteer, het Hy my las so lig gemaak.

"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee." M11:28

So kosbare vrou kom ons gee al ons laste (en nie net sekere laste nie) vir ons kosbare Geliefde Here.

Lees hierdie pragtige belofte:

"Die Here help my deur my donkerste krisis. Sy hulp is soos ’n lig wat ’n mens in ’n pikdonker kamer aanskakel. Hy red my. Omdat Hy my help, is daar niks waarvoor ek bang is nie. Die Here beskerm my. Waarvoor sal ek dan bang wees?" Psalm 27:1(DB)

 

4 thoughts on “Die Here Wil Ons Help”

  1. Hierdie is iets waarmee ek ook sukkel, Janine. Ek neem dikwels ander mense se laste op my en dra dit asof dit my eie is, veral wanneer dit mense is wat na aan my is en vir wie ek baie omgee. Ek besef dat ek meer gereeld die laste wat ek dra aan die Here moet oorhandig, want Hy is die enigste een wat regtig kan help. Hy verstaan daardie mense se harte en situasies beter as enigiemand anders.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel kosbare Mila, ek doen dit ook, totdat ek so gedaan is en gedwonge dit oorgee, maar ek besef ook ek moet dit meer net oorgee vir ons Geliefde Here.

  2. Wanneer ek my laste na die Here toe neem. Ek voel ligter, en ek weet net dat Hy dit op Sy tyd sal doen. En ek gee my laste vir Hom, elke dag, soms oor en oor.
    Vrees kom steel ons vrede, maar as Hy voor ons uitgaan, kan niemand ons skade aandoen nie. Dankie Janine, soms voel ek bang, maar ek weet dat ek moet aanhou om alles, groot of klein, vir my Geliefde te gee en dat Hy my sal beskerm.

    1. Ja kosbare Liza ons moet net aanhou en aanhou vir Hom gee, ek weet daar gaan ‘n dag wees dat ons dit sommer outomaties vir Hom oorgee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui