Die Here Verlos My van Pyn

Ek het vir paar dae pyn gehad so erg dat ek wou huil van pyn en ek het een van ons vennote gevra om saam my te bid en ons het saam gestem oor die saak, dat die Here my van die pyn gaan verlos en die Here het my van die pyn verlos en ek het nie meer nodig gehad om pynpille te drink nie. Alles te danke aan die Here dat Hy my pyn weg gevat het. Die Here is waarlik al Een wat ons nodig het om ons te genees.

Verder verseker Ek julle: As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry, want waar twee of drie in my Naam saam is, daar is Ek by hulle. M18:19-20

Maak my gesond, Here, dan sal ek gesond word; verlos my, dan sal ek verlos word; want U is my lof. J17:14

 

5 thoughts on “Die Here Verlos My van Pyn”

  1. Kosbare Kirsty,
    Dis so wonderlik hoe God kan en sal genees as ons net vra.
    En dis so wonderlik hoe hy mense oor ons pad bring wat ons pyn saam met ons sal dra en saam met ons glo en saam met ons bid.
    In dankbaarheid buig ek vanoggend voor ons God!

    1. Ja kosbare Betty, dis al wat die Here wil he is ons moet Hom vra, met Hom praat en hom erken in alles wat ons doen. Dit herinner my sommer vanoggend weer aan die vers uit Matteus uit: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word – MATTEUS‬ ‭7:7‭-‬8‬ 💕

  2. Baie dankie Kristy dat jy hierdie getuienis gedeel het, net die Here kan ons genees, die Here is al wat ‘n mens nodig het! Ek het weereens vanoggend besef hoe wonderlik Hy is. Dankie Here vir alles! ❤️

  3. Baie dankie vir hierdie getuienis kosbare Kristy, die Here is die beste Geneesheer ooit.
    Ek sal nooit vergeet toe my seun se fisio terapeut na sy breinscan gekyk het (hy het breinskade as gevolg van die naelstring wat om sy nekkie was voor geboorte) en gesê het dat hy soveel breinskade het dat hy nie ‘n woord moet kan praat nie en my seun praat heeltemal normaal en baie en dit is alles ons wonderlike Geneesheer se werk.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui