Die Here Is Die Beste Berader Ooit

"En Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors." J9:5

Toe ek Staar Egskeiding In Die Gesig-Weer, Hoofstuk 14 lees het ek onthou van hoe baie beraders ek gaan sien het. Ek wou net genees wees van die ongelooflike seer, vernedering en eensaamheid en alles wat gepaard gaan met egskeiding en verwerping.

Elke een het ander raad gehad, wat my natuurlik net meer deurmekaar gelos het. Ek het met elke berader net gepraat en gepraat oor al die seer en verwerping en niemand kon my uit daardie diep gat uit kry nie. As ek maar net van die begin af na ons Wonderbare Raadsman, Matige God, Ewige Vader, Vredevors gegaan het vir my genesing. 

Maar kosbare vrou ek het al daardie foute gemaak om vir jou te kan sê net Hy kon my genees van al die seer, verwerping en selfs eensaamheid. Net Hy kan my vul met 'n vrede wat alle verstand te bowe gaan en ons kosbare Here wil dit vir jou ook doen. Ek belowe jou Hy is die beste Berader ooit, die beste Geneesheer ooit, vertrou Hom net!

"Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met iemand wat nie op My vertrou nie, maar op ander mense. Mense is ook maar net vleis en bloed. Die een of ander tyd gaan hulle dood." J17:5(DB)

Skryf In om ons nuusbrief te ontvang!! 💗

Bly Aangemoedig!!

*Onthou asseblief om in jou e-pos Inboks of strooipos te kyk vir jou bevestiging e-pos om jou inskrywing te aktiveer!

Ons SPAM nie!!

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui