Die Here Het Baie Duidelik Gesê Dat Hy Die Voorsiener In My Lewe Wil Wees

"En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus." F4:19 

Nadat ek Yvonne se plasing gelees het: "Who Is Your Sole Provider?" op NarrowRoad Publishing House wat uit Hoofstuk 1, Armoede Mentaliteit geneem was, het my Liefling my daaraan herinner toe Hy baie duidelik vir my gesê het dat Hy my Enigste Voorsiener wil wees.

Jare gelede wou ek in "debt review" gaan (waar jy 'n maatskappy betaal om jou skuld met jou geld te betaal) en net toe ek die papiere moes teken het ek gehoor dat die Here sê ek moet dit nie doen nie.

Ek het 'n plaaslike kerk op daardie statium bygewoon en daardie aand by die kerk, terwyl ons gesing het (en ek natuurlik die Here gesmeek het om asseblief vir my 'n antwoord te gee wat ek met my skuld moet doen), het ek gehoor hoe die Here vir my sê ek moet al my fokus op Hom sit en dat Hy vir die pastoor profetiese woord vir my gaan gee. En dat die pastoor tweede laaste (ek dink die tweede laaste was om my te wys dit was van Hom af, want ek moet erken ek was soms so hardkoppig) vir my die woord gaan gee.

Wel die pastoor het gesê hy gaan nog vir twee vrouens profetiese woord gee en raai wat ek was nie een van hulle nie, so ek het gedink dit is my eie stem. Die volgende oomblik het die pastoor na my gekyk en gesê mammie (hy het my altyd mammie genoem omdat ek my klein seuntjie daardie tyd saamgeneem het), die Here vra of jy Hom kan begin vertrou met jou finansies. Ek was so in skok en het dadelik ja gesê, maar hy het weer gesê nee die Here vra of jy Hom werklik regtig kan vertrou met jou finansies en Hom jou Enige Voorsiener sal maak en weer was my antwoord ja (ek dink ek is twee keer gevra want onthou ek het al gevas oor my finansies). Daarna het hy vir nog een dame woord gegee, so ek was tweede laaste presies hoe my Liefling dit vir my gesê het.

In die week daarna, toe ek my seun by sy pa gaan haal het, het ek 'n klein stukkie papiertjie by my voete gesien met die woorde "SOLE PROVIDER", ek dink dit was net 'n vinnige herinnering van my Liefling Here dat ek moet onthou dat Hy werklik my Alleen Voorsiener wil wees.

Ek is so dankbaar dat my Liefling my gekeer het om die "debt review" dokumente te teken en dat Hy die Een is wat my help om my skuld te af te betaal en dat Hy my Enigste Voorsiener is.

Liewe kosbare vrou maak asseblief ons Liefling Here jou enigste Voorsiener en kyk wat Hy doen, want glo my Hy is die beste Voorsiener ooit.

Die Boodskap: “Hy sal vir julle sorg deur vir julle te gee wat julle nodig het. Dit sal Hy doen omdat julle aan Jesus behoort. F4:19 

*Ek moet net dit byvoeg, daardie dae het ek daarvan gehou om profetiese woord te kry (want dit was boodskappe van die Here af), nou hou ek daarvan om self van my Liewe Heer te hoor.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui