Die “Dra My” Krisisse Verander Ons

“Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, NOGTANS sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder. Die Here my God gee vir my krag, Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop” H3:17-19

Met die lees van Leef Die Oorvloedige Lewe, Hoofstuk 5 het ek teruggedink aan toe my aardse man my vir 'n ander vrou en boonop met al die skuld gelos het en my wêreld meer as net geruk was. Vandag besef ek dit was deur juis daardie krisis wat die Here en Sy liefde my verander het (en nog steeds doen) en my geloof in Hom versterk het, sodat ek nooit weer bang hoef te wees vir wat vir my voorlê nie.

So kosbare vrou ek wil jou aanmoedig om teen die Here se bors te lê en dat Hy jou dra want dis deur die "dra my" krisisse wat ons kosbare Here ons verander en ons geloof versterk sodat ons kan weet dat die klein wolkie die teken van groot reëns is.

“Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” H11:1

4 thoughts on “Die “Dra My” Krisisse Verander Ons”

  1. Dankie liefste Janine vir die pragtige boodskap. Ja ek besef al meer dat die Here in ons werk en verander in eninge omstandighede of krisis of eninge iets wat in ons lewe gebeur, sonder dat ons weet dat Hy in ons werk op dai oomblink.

    1. Ja kosbare Kristy dis juis in ons krisistye wat ons Liefling Here met al Sy liefde ons verander.

  2. Dankie Janine, as dit nie was vir die krisis waardeur ek moes gaan nie, sou ek nie my Geliefde gevind het nie. Sou ek nie verander het nie, en sou ek nie genees geword het nie, sou ek nie die Oorvloedige Lewe gevind het nie.

    1. Ja ek self kosbare Adina en ek is dankbaar dat my aardse man my oor en oor gelos het, want daardeur het ek werklik die Here as my Hemelse Man ontmoet en dit het my lewe verander.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui