💖🙌 Dankbare-Saterdag – Wees Stil 🙌💖

“Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” P46:11

'n Gedeelte aangehaal uit My Beminde - 04 Januarie

Dit is nie in die doen nie, maar in die stilte. Om te wag in Sy teenwoordigheid. Om te wag vir Hom om met jou hart te praat, “Wees stil en weet Ek is God!”

Onthou dis nie in die doen nie, wow, so kosbare vrou kom ons raak stil.

Dankbaarheid Saterdag

"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4

Lees Dankbaarheidsterapie

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.

2 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag – Wees Stil 🙌💖”

  1. Vandag is ek dankbaar dat my kosbare Liefling Here saam met ons op die pad is. (Ons is veilig by die huis en ek is dankbaar dat ons kosbare Liefling Here al die pad saam was).
    Ek is dankbaar vir die tyd wat ons as familie saam deurgebring het en ek is dankbaar dat dit vreedsaam was en dit was al my Liewe Heer se werk.
    Ek is dankbaar dat ons as familie saam kan bid.
    Ek is dankbaar vir ons Liefling Here se voorsiening, Sy liefde, genade en vrede.
    Ek is dankbaar dat alles aangaande my vir Hom saak maak.

  2. I am thankful for the wisdom my Heavenly Beloved teaches me.
    I am thankful that my Heavenly Beloved provides for all my needs.
    I am thankful that I can go to my Heavenly Beloved with every concern, question, and concern.
    I am thankful for my 4 children who are all experiencing positive changes.
    I am thankful that my Heavenly Beloved has promised to hold my hand for the rest of my life.
    I am thankful that my youngest son no longer has his emotional outbursts.
    I am thankful that my Heavenly Beloved shows me again and again how much He loves me.
    I am thankful that the emptiness in my heart is filled with the burning desire not to lose my Beloved

    Ek is dankbaar vir die wysheid wat my Hemelse Geliefde my leer.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Geliefde in al my behoeftes voorsien.
    Ek is dankbaar dat ek met elke bekommernis, vraag en besorgdheid na my Hemelse Geliefde kan gaan.
    Ek is dankbaar vir my 4 kinders wat almal positiewe veranderinge ervaar.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Geliefde belowe het om my hand vir die res van my lewe vas te hou.
    Ek is dankbaar dat my jongste seun nie meer sy emosionele uitbarstings het nie.
    Ek is dankbaar dat my Hemelse Geliefde my keer op keer wys hoe lief Hy my het.
    Ek is dankbaar dat die leegheid in my hart gevul is met die brandende begeerte om nie my Geliefde te verloor nie

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui