💖🙌 Dankbare-Saterdag – Onthou Wie Saam Met Jou Is🙌💖

"Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare." P34:5

'n Gedeelte aangehaal uit My Beminde - 11 Januarie

Jy is nie in ‘n tronk nie, maar in ‘n paleis wanneer jy agterkom Wie hier saam met jou is. 

Kosbare vrou onthou Wie saam met jou is!

Dankbaarheid Saterdag

"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4

Lees Dankbaarheidsterapie

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag – Onthou Wie Saam Met Jou Is🙌💖”

  1. I am thankful that my Heavenly husband protected my children when they had to bike to school in the early morning hours, with slippery bike paths.
    I am thankful that I had a nice conversation with my group manager from work.
    I am thankful that my Heavenly husband has again provided everything I needed.
    I am thankful for the Word that continues to give me peace and joy.
    I am thankful for the patience and love that my Heavenly Husband has for me.

    Ek is dankbaar dat my hemelse man my kinders beskerm het toe hulle in die vroeë oggendure skool toe moes fietsry, met gladde fietspaadjies.
    Ek is dankbaar dat ek ‘n lekker gesprek met my groepbestuurder van die werk af gehad het.
    Ek is dankbaar dat my hemelse man weer alles voorsien het wat ek nodig gehad het.
    Ek is dankbaar vir die Woord wat my steeds vrede en vreugde gee.
    Ek is dankbaar vir die geduld en liefde wat my Hemelse Man vir my het.

  2. Ek is dankbaar vir ‘n splinternuwe dag, om saam met my Kosbare Liefling Here die dag in te gaan.
    Ek is dankbaar vir my familie en vriende en RMI wat deel daarvan vorm.
    Ek is dankbaar dat my toekoms in Sy hande is en dat Hy planne het om my voorspoedig te maak en my nie skade aan te doen nie.
    Ek is dankbaar dat my Kosbare Liefling Here elke tree van die pad reg langs my is en dat ek enigiets met Hom kan deel en dat Hy my verstaan ​​en so baie lief is vir my.
    Ek is dankbaar vir Sy voorsiening in my lewe en dat Hy die beste Voorsiener ooit is en so goed na my en my gesin omsien.
    Ek is so dankbaar dat ek Syne is.

  3. 🤍 Ek is dankbaar dat God my dogtertjie se hand styfvas gehou het die week, hierdie eerste week terug skool toe was vir haar ongelooflik erg.
    🤍 Ek is dankbaar dat ek die week elke dag tyd saam met God kon spandeer het, veral in die oggende oppad werk toe.
    🤍 Ek is dankbaar dat ek ‘n rustige Saterdag kan hê saam met God en my dogtertjie.
    🤍 Ek is dankbaar dat God my hart beskerm en my die krag gee om die nuwe jaar en my nuwe reis aan te pak.

  4. Mon Bien-aimé, merci d’être mon compagnon de route Merci pour le covoiturage avec ma collègue surtout en cette période d’hiver Merci pour les belles notes de Norah à l’école Merci pour le nouvel ami d’Ethan car il n’ avait personne avec qui s’amuser Merci pour la douceur que Tu mets dans le coeur de Jordan et pour le stage que Tu Lui a trouvé Je te suis reconnaissante de prendre soin des enfants surtout quand je ne suis pas avec eux Merci la nature, le ciel bleu Merci de pourvoir à nos besoins corporel et financier, Merci pour la nouvelle mission que Tu me donnes au sein du travail
    ~~~
    My Geliefde, dankie dat U my reisgenoot is. Dankie dat U saam met my kollega saamry, veral gedurende hierdie winter tydperk. Dankie vir Norah se goeie punte op skool. Dankie vir Ethan se nuwe vriend want hy het niemand gehad om mee pret te hê nie. Dankie vir die sagtheid wat U in Jordan se hart geplaas het en vir die internskap wat U vir hom gevind het. Ek is dankbaar vir U dat U die kinders versorg het veral as ek nie by hulle is nie. Dankie natuur, die blou lug. Dankie dat U in ons liggaamlike behoeftes voorsien het en finansieel. Dankie vir die nuwe missie wat U my gee binne die werk.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui