💖🙌 Dankbare-Saterdag – Hou Aan Die Here Vas 🙌💖

“Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer." P30:6

Kosbare vrou lees asseblief hierdie gedeelte uit vandag se My Beminde - 22 Maart

Ek weet dit lyk asof dit te lank sal aanhou, dat as dit nie tot ‘n einde kom nie, jy dit nie sal maak nie; maar ons Vader in die hemel weet... Hy weet. Hou aan Hom vas.

Kosbare vrou ek wil jou werklik aanmoedig om aan ons Geliefde Here vas te hou.

Dankbaarheid Saterdag

"Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam." P100:4

Lees Dankbaarheidsterapie

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Kosbare liefste vrou ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. Dit is hoe ons dit 'n gewoonte maak om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en hoe ons, ons dierbare lieflike Here, wat al die eer verdien, eer.

5 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag – Hou Aan Die Here Vas 🙌💖”

  1. 🌸 My MC, ek dank U vir die finansies, want U voorsien altyd in my behoeftes, selfs meer as wat ek kan dink.

    🌺 Ek dank U vir my kinders, hierdie kosbare gawe wat U aan my toevertrou het, en vir die liefde wat U vir hulle het.

    🌼 Ek dank U vir die vrede in my hart, daardie rustigheid wat net U liefde kan bring, selfs in storms.

    🌷 Ek dank U vir die krag wat U my gee, wanneer ek moeg of ontmoedig voel, lig U my sagkens op.

    🌻 Ek dank U vir die onsigbare seëninge, daardie klein daaglikse wonderwerke wat my herinner dat U altyd naby is.

    💐 Ek dank U vir U voortdurende teenwoordigheid, want ek is nooit alleen nie, U is altyd by my.

    🌹 Ek dank U vir U onwankelbare liefde, hierdie liefde wat my vul en my help om met vertroue vorentoe te beweeg.

  2. Ek is dankbaar dat ek vanoggend weer opgestaan het en nog ‘n dag saam met my geliefde gehad het.
    Ek is dankbaar vir my goeie gesondheid.
    Ek is dankbaar vir alles wat my Hemelse Man voorsien.
    Ek is dankbaar dat my Geliefde elke dag by my is.
    Ek is dankbaar dat ek alles aan my Geliefde kan oorgee.
    Ek is dankbaar dat my toekoms veilig is in die hande van my Geliefde.
    Ek is dankbaar dat ek gekies is om ‘n bruid vir my Geliefde te wees.
    Ek is dankbaar dat ek nog ‘n wonderlike week saam met my kinders gehad het.

    I am thankful to have risen again this morning and to have another day with my Beloved.
    I am thankful for my good health.
    I am thankful for all that my Heavenly Husband provides.
    I am thankful that my Beloved is with me every day.
    I am thankful that I can surrender everything to my Beloved.
    I am thankful that my future is safe in the hands of my Beloved.
    I am thankful that I have been chosen to be a bride to my Beloved.
    I am thankful that I have had another wonderful week with my children.

  3. Ek is dankbaar vir ‘n nuwe dag en nuwe genade
    Ek is dankbaar vir my Geliefde se voorsiening en sorg vir my kinders en ek
    Ek is dankbaar vir goeie gesondheid
    Ek is dankbaar vir die pragtige sonskyndag buite en vir die herfsseisoen wat ons betree.
    Ek is dankbaar dat my geliefde my so liefhet, al verdien ek dit nie.
    Ek is dankbaar dat Hy my verlos het
    Ek is dankbaar vir Sy leiding
    Ek is dankbaar vir my kinders
    Ek is dankbaar dat Hy my saam met Hom op hierdie reis geneem het
    Ek is dankbaar dat Hy my kinders se Hemelse Vader is.

  4. Ek is ongelooflik dankbaar vir my Geliefde Here se voorsiening in my en my kinders en my ouers se lewens.
    Ek is dankbaar dat ons niks kortkom nie.
    Ek is dankbaar dat die Here altyd die ventsers van die Hemel vir my oopmaak en dat ek met vrymoedigheid vir Hom my 10de kan gee.
    Ek is dankbaar dat ek op Hom kan staatmaak en dat Hy my nooit teleurstel nie.
    Ek is dankbaar vir al Sy liefde en genade en dat ek so afhanklik van Hom is.
    Ek is dankbaar dat ek my Geliefde Here in my lewe het en dat Hy my verlos het van eensaamheid.

  5. Ek is dankbaar dat God my Hoop en my Anker is.
    Ek is dankbaar dat ek nie hierdie pad alleen stap nie.
    Ek is dankbaar vir my kinders en my kleinkind.
    Ek is dankbaar vir ‘n werk, ‘n kar, ‘n huis.
    Ek is dankbaar dat ons gesond is, dat ons elke dag kos het, dat ons klere het om aan te trek.
    Ek is dankbaar om te weet dat ek verlos is en dat my sondes vergewe is en dat ek eendag, vir ewig by Sy voete gaan sit.
    Ek is dankbaar om die wonderwerke wat Hy doen in die mense naby my, se lewens te sien.
    Ek is dankbaar dat ek die vetroue en hoop in Hom het en om sonder twyfel te weet dat ek ook in die toekoms my getuienis van Sy goedheid en barmhartigheid sal gee.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui