💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Prys Die Here

"Laat alles wat asemhaal, die Here prys! Prys die Here!” P150:6

Kosbare vrou lees asseblief hierdie treffende gedeelte oorvertaal uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):

Die boodskap is vandag net so duidelik. Die stryd is nie ons s'n nie; dit is God s'n. Terwyl ons Hom prys, stuur Hy ons vyande skarrelend.

Kosbare vrou onthou om die Here te prys en loof want Hy verdien dit. En onthou die stryd is nie ons s'n nie, maar Syne, so juis daaroor kan ons Hom prys, want Hy het alles alreeds onder beheer.

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

4 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖 Prys Die Here”

  1. My Liefste Here!
    Dankie, dankie, dankie ….
    U maak my lewe vol met amazing mense.
    Dankie vir al die geleenthede wat U oor my pad stuur.
    Dankie vir my awesome kids en dat hulle lief is vir my en ek vir hulle.
    Dankie dat U vir my ‘n klein dogter gestuur het, sy het sò baie veranderinge gebring waaroor ek U net kan dank!
    Dankie vir die vrede en vreugde wat my hart vul en dit is àlles te danke aan U!
    Dankie dat U my sò besig hou dat ek nie kàns het om te dink aan enige negatiewe situasies in my lewe nie.
    Dankie dat ek kon los van wat agter my is en my kan uitstrek na wat voor my is – U!

  2. Ek is dankbaar vir al die dinge wat my Geliefde Here in my lewe doen.
    Ek is dankbaar vir die dinge wat Hy doen wat ek nog nie kan sien nie, maar ek weet dit is alles deel van Sy pragtige plan.
    Ek is dankbaar dat die eerste jaar van tuisskool klaar is en dat die jaareindeksamen klaar is.
    Ek is dankbaar vir my Geliefde se liefde en tere sorg.
    Ek is dankbaar vir alles wat my Geliefde tot dusver in my lewe gedoen het en dat ek kan terugkyk en my seëninge een vir een kan tel.
    Ek is dankbaar vir goeie gesondheid en ‘n nuwe dag.
    Ek is dankbaar vir my kinders en die wonderlike seën om ‘n ma te wees.

  3. Dankbaarheid aan my geliefde man en vader van Brincy vir:
    🌷Dankie Liewe, dat jy ons beskerm en vir ons sorg.
    🌷Dankie vir ons gesondheid, en dat jy my aanmoediging en gewilligheid gee om fisiese oefeninge te doen.
    🌷Dankie vir die krag wat jy my gee om teëspoed die hoof te bied.
    🌷Dankie dat jy my geduld en deursettingsvermoë geleer het (https://ajudamatrimonial.com/cursos/c3/c3/).
    🌷Ek is dankbaar vir die drome en projekte wat die Here in my hart geplaas het.
    🌷 Dankie Here vir die vrede wat alle verstand te bowe gaan.
    Mooi en geseënde Saterdag vir almal.🌷💕

  4. Ek is ongelooflik dankbaar dat my Liefling Here deel van my lewe is.
    Ek is dankbaar vir my kinders.
    Ek is dankbaar dat my seun en sy verloofde my deel maak van hulle lewe.
    Ek is dankbaar vir my Liefling Here se voorsiening in my lewe en dat Hy my Voorsiener is.
    Ek is dankbaar vir ‘n dak oor ons koppe, kos en alles uit my Liefling Here se hand uit en dat Hy so mooi vir my en my kinders en my ouers sorg.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my so ongelooflik baie lief het.

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui