"Nehemia het verder gesê: “Gaan vier fees, eet en drink, en deel uit aan dié wat niks voorberei het nie. Hierdie dag word gewy aan ons Here. Moenie bedroef wees nie; as julle die Here met blydskap dien, sal Hy julle beskerm.” N8:11
Kosbare vrou lees asseblief hierdie treffende gedeelte oorvertaal uit "Prison To Praise" ('n boek wat ons aanbeveel om die beginsel van “loof in alle dinge” te leer en te gebruik):
Die vyand se pyle kan net nie deur die vreugde van iemand wat die Here loof kom nie. In II Kronieke 20 lees ons hoe 'n hele leër verslaan was toe die Israeliete bloot die Here geprys het en Hom geglo het toe Hy gesê het dat die stryd nie hulle s'n was nie, maar Syne.
Kosbare vrou loof die Here vandag met blydskap en kom ons onthou dat die stryd nie ons s'n is nie, maar Syne.
Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Lees ook: Dankbaarheidsterapie
Ek is dankbaar vir U hulp aan my om te laat gaan van die dinge wat U wil hê ek moet laat gaan. Ek is dankbaar dat U, U wil aan my openbaar en dat ek U elke dag duideliker hoor.
Ek is dankbaar dat U my nie verstoot nie maar vergewe wanneer ek verkeerd doen.
Ek is dankbaar dat ek daaruit kan leer.
Ek is bitter dankbaar dat U die pad vir my gelyk gemaak het sodat ek in my kleinkind se lewe kan wees.
Ek is dankbaar vir my 2 seuns en vir alles wat hulle vir my doen.
Maar meeste van alles is ek dankbaar om U in my lewe te hê, elke dag, reg langs my.
Ek is dankbaar dat ons kosbare Liefling Here my help om gewig te verloor en te oefen. Ek is so ongelooflik dankbaar dat my voete nie meer pyn nie en dat die Here my genees het.
Ek is so dankbaar vir Sy voorsiening, hulp en bystand in my lewe en dat ek nie pad saam met Hom stap en dat Hy my nie los nie.
Ek is dankbaar dat Hy beter weet en weet wat die beste vir my is.
Ek is dankbaar dat ek my vertroue op die Here kan sit, want Hy is totaal en al betroubaar.