💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖

"Ek sal te alle tye die HERE loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees." P34:2

Kosbare liefste vrou ons kosbare Liefling Here verdien ons lof en dankbaarheid. 

Lees asseblief hierdie treffende gedeelte aangehaal en vertaal uit "Prison To Praise" (een wat die boeke wat aanbeveel word om te lees):

"Ek het tot die besef gekom dat die gebed van lof die hoogste vorm van gemeenskap met God is, en een wat altyd baie krag in ons lewens vrystel. Om Hom te prys is nie iets wat ons doen omdat ons goed voel nie; eerder is dit 'n daad van gehoorsaamheid. Dikwels word die gebed van lof in pure tandeknersende wilskrag gedoen; maar wanneer ons volhard in dit, word die krag van God op een of ander manier in ons en in die situasie vrygelaat. Eers miskein in 'n druppel, maar later in 'n groeiende stroom wat ons uiteindelik oorstroom en die ou seer en letsels wegspoel."

Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.

"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18

"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23

"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15

"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2

Lees ook: Dankbaarheidsterapie

Dankbaarheid Saterdag

3 thoughts on “💖🙌 Dankbare-Saterdag 🙌💖”

  1. Ek is dankbaar vir al my Liefling Here se voorsiening en liefde en genade in my lewe.
    Ek is dankbaar dat my Liefling Here my van my verlede bevry het.
    Ek is dankbaar dat die Here al die pad saam met my is en dat Hy vir my planne van voorspoed het.
    Ek is dankbaar dat my toekoms in die Here se hande is en dat ek my glad nie meer daaroor hoef te bekommer nie.
    Ek is dankbaar vir elke kosbare vrou wat die Here na Uiteindelikhoop.com toe lei en wat ons kosbare Liefling Here in hulle lewens doen.
    Ek is so dankbaar vir wat die Here my deur RMI leer en dat Hy my lewe so totaal en al verander het.
    Ek is dankbaar dat my seun vandag verloof raak aan so goeie meisie.
    Ek is dankbaar vir altwee my seuns en dat hulle sulke goeie maniere het en dat hulle Hemelse Vader hulle toekoms in Sy hande het.

  2. Vanoggend het my Geliefde vir my die vers gegee:

    “En jy, my seun Salomo, erken die God van jou vader, en dien Hom met ‘n onverdeelde hart en ‘n gewillige gees, want die Here ondersoek alle harte, en in elke bedoeling van die gedagtes het Hy insig. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verwerp.” 1 Kronieke 28:9
    https://www.bible.com/bible/3499/1CH.28.9

    Ek is dankbaar dat Hy my hart ken en verstaan.
    Ek is dankbaar dat Hy nie ver verwyderd is van ons nie, Hy is nie ‘n afwesige God nie. As ons Hom soek, sal ons Hom vind.

  3. – Ek is dankbaar dat ek deur HOM bevry en genees is van al die pyn in my siel, en nou bly ek vertrou op Sy genade wat my onderhou, en op Sy liefde wat my herstel.
    – Ek is dankbaar vir die daaglikse herinnering dat ek nie ‘n vrou alleen is in my stryd en beproewings nie, maar dat ek in SY liefdevolle teenwoordigheid vertroosting vind en Sy liefde wat nooit faal nie.
    – Ek is dankbaar want selfs wanneer ek om my kyk en nie ’n oplossing sien nie, weet ek dat die Here gereed is om my te verras en vir my die uitweg te wys. Dis hoekom ek kan rus.
    – Ek is dankbaar vir die uitslae van die toetse, waarin die dokter gesê het dat ek niks het nie, en dat ek nou my dieet moet verander sodat daar ‘n verbetering is in die pyn wat ek nog van tyd tot tyd voel. Ek dank dus reeds vir my Geliefde want ek weet dat HY my sal lei in watter kos ek moet eet, en hoe ek moet oefen sodat my gesondheid heeltemal herstel word.
    Lekker Saterdag almal!🌷💕

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui