Kosbare liefste bruid ek wil jou aanmoedig om asseblief elke Saterdag drie dinge waaroor jy dankbaar is, met betrekking tot die afgelope week, hier te kom deel. So maak ons dit 'n gewoonte om dankbaar te wees, wat natuurlik lewensveranderend is en so eer ons, ons kosbare lieflike Here, wat al die eer verdien.
"Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag. 1T5:16-18
"Hy wat ’n dankoffer bring, eer My. Aan hom wat my pad volg, sal Ek my verlossing bekendmaak." P50:23
"En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar." K3:15
"VOLHARD in die gebed en waak daarin met danksegging." K4:2
Lees ook: Dankbaarheidsterapie
Ek is dankbaar dat ek hierdie week baie tyd gehad het om saam die Here te spandeer.
Ek is dankbaar dat ek so naby aan die Here voel, soos nog nooit tevore nie.
Ek is dankbaar dat die Here die week my siening is baie omstadighede verander het.
Ek is dankbaar dat ek meer na die Here hunker as iets of iemand anderste. (die Here het homself regtig aan my openbaar hierdie week)
Ek’s dankbaar teenoor die Here dat ek my vreugte en vrede net in Hom kan kry. (Die Here het my hierdie week bonatuurlik geseën met sy teenwoordigheid)
Wow kosbare Milla, ek is so dankbaar dat jy jou vreugde en vrede in die Here vind, dis waaroor die hele lewe eintlik gaan, want Hy is die rede vir ons bestaan.
Ek is so dankbaar vir jou hierdie by UiteindelikHoop.com kosbare Milla.
Ek is dankbaar dat dit my ouers se 50ste huweliksherdenking in die week was en dat hulle deur dik en dun by mekaar gestaan het en so mooi voorbeeld vir my en ander is.
Ek is dankbaar dat ek saam met my ouers bly en dit saam met hulle kon vier en dat die Here werklik geweet het wat die beste vir my is om toe te laat dat ek saam met my ouers bly.
Ek wou nie trek nie en hierdie week het ek werklik in my hart ervaar dat ek nie meer so na die vorige plek verlang nie, dat ek rerig ok is saam met my Hemelse Man.
Vandag is die eerste saterdag van 2024 en ek is dankbaar dat my Geliefde Hemelste Man my en my gesin en family elke ogend laat waker word. En dat Hy elke dag vir ons voorsien en dat Hy my help met als. En ek is so dankbaar vir die Here my Geliefde vir al sy liefde en die liefde wat hy my mee vul en hou hy my gelei het om te doen wat hy wil he ek moet doen.
PSALMS 145:2 NLV
[2] Ek wil U elke dag loof, en u Naam vir altyd prys.
https://bible.com/bible/117/psa.145.2.NLV
1 KRONIEKE 16:34 NLV
[34] Dank die Here, want Hy is goed! Sy troue liefde duur vir altyd.
https://bible.com/bible/117/1ch.16.34.NLV
Ek is dankbaar vir jou hier by UiteindelikHoop.com kosbare Kristy.